Reaksie op totale witmielie bydrae van 15t vir Zambezi-streek

Reaksie word ontvang op die Akkerbouraad wat sê die Zambezi-streek produseer ‘n skamele 15 metrieke ton witmielies per jaar. Daar is net 7 hektaar droëland produksie in die streek. Die president van die PDM-party McHenry Venaani het vroeër getwiet oor voedseltekorte in die land en dit beskryf as ‘n eksistensiële bedreiging vir Namibiërs. Venaani sê meganisering is van die dringende ingrypings wat nodig is in landbou in die land.

Venaani sê dit is ‘n groot bekommernis en dat die regering se prioriteite op die verkeerde plek lê.