Drie Namibiese aktiviste bly in aanhouding

Die Namibiese aktiviste Michael Amushelelo, Dimbulukeni Nauyoma en PDM-parlementslid Inna Hengari het vanmiddag in die Windhoekse landdroshof in Katutura verskyn. Landdros Linus Samuzala het beveel die drie beskuldigdes bly in aanhouding tot 29 Maart vir verdere polisie-ondersoeke. Amushelelo se regsman, Samuel Kadhila van Kadhila Amoomo Legal Practitioners, sê hy sal egter môre ‘n formele borgtogaansoek […]

Read More

Inspeksie van lughawe-padprojek môre

Die uitvoerende direkteur in die Namibiese ministerie van werke en vervoer, Esther Kaapanda, sal môre saam met die ambassadeur van China in Namibië Zhao Weiping die konstruksieprojek van die China-befondsde pad tussen Windhoek en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako besoek en inspekteer. Die skakelbeampte van die ministerie, Julius Ngweda het meer met Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Putin verleng uitvoer van graan en kunsmis na Afrika

Die Russiese President Vladimir Putin het die Swartsee-ooreenkoms vir die uitvoer van grootmaat graan en kunsmis na Afrika met twee maande verleng. Die verlenging volg nadat die onderneming die naweek na ‘n siklus van 120 dae geëindig het. Putin het gepraat op die Internasionale Parlementêre Konferensie in Moskou, wat bygewoon is deur ministers van Afrika-regerings. […]

Read More

Theart: Windhoek het nog slangvangers

Na aanleiding van bewerings dat daar nie meer slangvangers in Windhoek is nie, het Francois Theart van Snakes of Namibia gereageer en gesê dit is nie die waarheid nie. ‘n Gebeurlikheidsplan is in plek gestel voordat sommige van die lede besluit het om weens ‘n gebrek aan fondse nie meer slangvangers te wees nie. Theart […]

Read More

Miljarde nodig om Jozi se water-infrastruktuur te herstel  

Johannesburg Water sê ongeveer 120 miljard Suid-Afrikaanse rand word benodig om die water-infrastruktuur in die stad te herstel. Die bestuurder vir innovering en tegnologie by Johannesburg Water, Zakhele Khuzwayo, het gesê watertoevoer-onderbrekings is hoofsaaklik te wyte aan ‘n gebrek aan behoorlike instandhouding van die kwesbare infrastruktuur.

Read More

Bipa hou vergadering met Chinese sakegemeenskap

Die Besigheids- en Intellektuele Eiendoms-owerheid, Bipa, sal in vennootskap met die Chinese ambassade in Windhoek ‘n vergadering met die Chinese sakegemeenskap hou. Die hoofdoel van die geleentheid is om registrasiedienste vir Bipa-produkte te verskaf, asook om inligting te verskaf oor die beskerming van intellektuele eiendom wat reeds in lande van herkoms beskerm is. Die vergadering […]

Read More

Malema: Putin sal nie in SA gearresteer word

Die EFF-leier, Julius Malema, waarsku niemand sal toegelaat word om die Russiese President Vladimir Putin in hegtenis te neem terwyl hy in Suid-Afrika is nie. Die Internasionale Strafhof het ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik op aanklag van oorlogsmisdaad omdat hy honderde kinders onwettig uit Oekraïne gedeporteer het. Malema het op ‘n nuuskonferensie in Johannesburg […]

Read More

Landbou is die enjin vir groei in Afrika  

Die landboukenner en voormalige hoof van die landbou-afdeling by die Ekonomiese Gemeenskap van die Kommissie van Wes-Afrikaanse State, Ernest Aubee, sê landbou is die enjin van groei vir die transformasie van die vasteland. Aubee sê landbou-beleide moet daarop gerig wees om produksie en produktiwiteit te verhoog deur uitdagings in die sektor aan te spreek. Dit […]

Read More

Sokker: Bafana Bafana speel takel Liberië  

Sokker: Bafana Bafana gaan tuis en weg teen Liberië speel in kwalifiserings-wedstryde vir die Afrikabeker-toernooi. Suid-Afrika is môreaand op die Orlando-stadion in Soweto gasheer vir die Wes-Afrikaland, en die twee lande ontmoet mekaar vier dae later weer in die Liberiese hoofstad, Monrovië. Bafana se hoofafrigter, Hugo Broos, sê hulle moet albei kragmetings wen om te […]

Read More

Standbeeld van wyle Tutu in Kaapstad onthul

Die oorlede struggle-ikoon, aartsbiskop Desmond Tutu is vroeër vandag vir sy bydrae tot die beëindiging van Apartheid en ook sy unieke rol in die Suid-Afrikaanse samelewing vereer. Die Desmond en Leah Tutu-stigting het vandag ‘n lewensgrootte standbeeld van Tutu by die Century City- inkoopsentrum, in Kaapstad, onthul. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in […]

Read More