Mashatile ontken dat daar vir Cyril geskaar word oor Phala Phala

Adjunkpresident Paul Mashatile sê hy verwerp die siening dat die ANC sy meerderheid gebruik om President Cyril Ramaphosa teen aanspreeklikheid te verskans. Die DA se mosie vir die samestelling van ’n ad hoc-komitee om ‘n diepgaande ondersoek te doen na wat hy die “Phala Phala dirty dollars” genoem het, is in die Parlement verwerp. Mashatile […]

Read More

Duitsland staan Afrika by, veral in droë gebiede

Die Voedsel- en Landbou-organisasie sê Duitsland se bydrae van 494 miljoen Namibiese dollar om toegang tot voedsel en basiese goedere aan droogtegeteisterde gebiede in Oos-Afrika-lande te verskaf, is prysenswaardig. Die fondse sal produktiewe lewensbestaan in verskeie gemeenskappe in Ethiopië, Kenia, Somalië en Soedan herstel, weens die hoë vlakke van akute voedsel-onsekerheid. Die organisasie sê meer […]

Read More

Slimfone: Appel oorheers die mark

‘n Verslag deur Counterpoint toon die premium slimfoonmark het 55 persent van die wêreldwye slimfoonmark-inkomste en 21 persent van die wêreldwye slimfoon-verkope in 2022 ingeneem. Algehele slimfoon-verkope het met 12 persent gedaal en wêreldwye premium slimfoon-verkope het met 1 persent gestyg. Dit dui daarop dat sommige verbruikers bereid is om premies te betaal vir hoë gehalte-toestelle […]

Read More

Namibiese kerke moet gerespekteer word

‘n Plaaslike kerk-koalisie meen kerke in Namibië moet ‘n sterker standpunt inneem teen homoseksualiteit en selfdegeslag-huwelike. Tydens ‘n mediakonferensie in die hoofstad het die geestelike gemeenskap hul reaksie oor die LGBTQ-gemeenskap se onlangse verhore in die hooggeregshof gegee. Hulle meen selfdegeslag-huwelike moet nooit in Namibië gewettig en erken word nie. Dr. Shirley Magazi van die […]

Read More

PPI: Bier- en koeldrankpryse styg

Die vervaardiging van bier en moutdranke in Namibië in die vierde kwartaal van 2022 het gelei tot ‘n jaarlikse inflasiekoers van vier persent in die pryse, vergeleke met 5,2 persent wat in dieselfde kwartaal van 2021. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se produsenteprys-indeks het die vervaardiging van koeldranke en mineraalwater gelei tot die jaarlikse styging van pryse tot 12,7 […]

Read More

EFF sê kernboodskap is tydens stilstand oorgedra

Die EFF sê hulle is in hulle skik met die oorweldigende sukses van hul nasionale stilstand wat wêreldwyd eise vir bestendige elektrisiteitsvoorsiening en President Cyril Ramaphosa se bedanking aangeteken het. Die EFF loof aktiviste van oraloor dat hulle hul frustrasie met die huidige regime vreedsaam oorgedra het. Partyleier Julius Malema het op ‘n nuuskonferensie in […]

Read More

Indiese opposisieleier twee jaar tronkstraf opgelê

Die opposisieleier in Indië, Rahul Gandhi is twee jaar gevangenisstraf opgelê, nadat hy in ‘n hof in die staat Gujarat skuldig bevind is aan laster. Gandhi het tereggestaan oor uitlatings wat hy in 2019 tydens ‘n verkiesing-saamtrek oor die eerste minister, Narendra Modi se van gemaak het. Hy het die van verbind met misdadigers met […]

Read More

Winkelgroep dank 400 werknemers in SA af

Die vakbond, Saccawu, het ‘n kennisgewing uitgereik om ‘n landwye staking van tien dae by Makro-winkels te hervat. Dit sal van môre tot 2 April duur. Werkers eis beter salarisse en werksomstandighede. Onderhandelings het ‘n dooiepunt bereik nadat die maatskappy 4,5 persent aangebied het. Makro het sedertdien 400 werknemers afgedank. Saccawu se tweede adjunkpresident, Mike […]

Read More

Kambala: Aktiviste moes nie gearresteer word

‘n Namibiese aktivis het sy reaksie gegee oor Michael Amushelelo, Dimbulukeni Nauyoma en PDM-parlementslid Inna Hengari wat tot 29 Maart in aanhouding moet bly. Hulle het vanmiddag in die Windhoekse landdroshof in Katutura voor landdros Linus Samuzala verskyn. Hul regsverteenwoordigers sal egter môre ‘n formele borgtogaansoek indien. Aktivis George Kambala sê aan Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Mashatile: Beurtkrag in opdrag van Eskom

Suid-Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile het die EFF se aansprake verwerp dat hierdie week se vermindering van beurtkrag die gevolg is van die nasionale stilstand. ʼn Lid van die ACDP, Steve Swart, het in die parlement daarop gewys daar was ʼn kleiner vraag na elektrisiteit die vorige week en tog het Eskom nie die beurtkrag opgeskort […]

Read More