Kriminoloog jammer vir Oscar

‘n Suid-Afrikaanse kriminoloog het haar reaksie gegee op die Paralimpiese kampioen Oscar Pistorius se parool-aansoek wat deur die departement van korrektiewe dienste afgekeur is. Sy aansoek sal weer in Augustus 2024 oorweeg word. Die bekende kriminoloog dr. Pixie du Toit sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy is jammer vir Oscar.  

Read More

Bestuurder sterf in Namibiese vragmotor in SA  

‘n Namibies-geregistreerde vragmotor is tussen Olifantshoek en Upington met die bestuurder agter die stuurwiel gevind. Dit blyk dat die bestuurder dalk ‘n mediese toestand ervaar het en agter die stuurwiel inmekaargesak het, wat veroorsaak het dat die vragmotor vir ‘n paar meter van die pad af in die bosse ingegaan het voordat dit tot stilstand […]

Read More

Oscar Pistorius kry nie parool

Die Suid-Afrikaanse Paralimpiese kampioen Oscar Pistorius se parool-aansoek is deur die departement van korrektiewe dienste afgekeur. Sy aansoek sal weer oor ‘n jaar oorweeg word. Reeva Steenkamp se ma, June, het haar vertoë gerig by sy paroolverhoor in die Atteridgeville korrektiewe sentrum in Pretoria. Sy sê die gesin is steeds getraumatiseerd en het vra dat […]

Read More

Noorweë lê beslag op 820 kg kokaïen

Die polisie in Noorweë het vandeesweek beslag gelê op sowat 820 kilogram kokaïen. Dit is die grootste vonds van dié dwelm nog, in Noorweë. Niemand is nog in verband met die dwelms in hegtenis geneem nie. Die hoof van die polisie se intelligensiediens, Grete Lien Metlid, sê hulle probeer nog bepaal hoe die dwelms in […]

Read More

Sokker: Engelse Premierliga se reëls strenger

Sokker: Die Engelse Premierliga het sy reëls oor eienaarskap versterk om mense wat skuldig is aan die skending van menseregte te verhinder om ‘n klub te bestuur. Volgens die liga het hulle ook die mag om ʼn stokkie daarvoor te steek indien enigeen wat ondersoek word ‘n direkteur van ‘n klub wil word, asook om […]

Read More

Eskom: Fase 4-beurtrkag ingestel

Eskom is gedwing om fase 4-beurtkrag vanaf vanmiddag in te stel omdat daar tans ‘n hoër as verwagte vraag is. Fase 4 duur tot môreoggend en daarna sal beurtkrag tot fase 3 verlaag word. Menzi Mngomezulu van Eskom sê fase 4-beurtkrag sal weer Sondag tot in die middag ingestel word.

Read More

Toename in ekonomiese en bankbedrog

Die Namibiese banksektor het ‘n toename in bedrog en verwante ekonomiese misdade in 2022 waargeneem in vergelyking met die vorige jaar, volgens die Bank van Namibië. Altesaam 370 bedrogsake is in 2022 aangemeld, vergeleke met 268 gevalle wat in 2021 aangemeld is. Die kategorieë van bedrog wat deur bankinstellings in 2022 ervaar is, sluit in […]

Read More

Cosatu teleurgesteld oor hoër rentekoers  

Die vakbondfederasie Cosatu het sy diepe teleurstelling uitgespreek met die aankondiging van nog ʼn verhoging in rentekoerse. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het ʼn verhoging van 50-basispunte in die repo-koers aangekondig. Dit is die negende verhoging sedert 2021 en die vakbondfederasie is van mening dis nie volhoubaar om die terugkoopkoers te gebruik om inflasie te bestry nie. […]

Read More

Virgin Orbit gaan personeel aflê

Die Britse miljardêr Richard Branson se vuurpylmaatskappy Virgin Orbit sê hy gaan 85 persent van sy personeel aflê, nadat hy nie daarin kon slaag om nuwe beleggings te bekom nie. Volgens mediaberigte sal die firma ook in die afsienbare toekoms sy bedrywighede staak. Die afleggings sal ongeveer 675 werknemers in die maatskappy raak. Branson se […]

Read More

Tennis: Alcaraz op koers

Tennis: Die wêreld nommer een, Carlos Alcaraz van Spanje, is steeds op koers om die sogenaamde Sonskyn-dubbel in Florida te behaal na hy deurgedring het na die voorlaaste ronde in Miami. Dit volg nadat hy verlede week Indian Wells gewen het. Alcaraz speel volgende teen Jannik Sinner van Italië, terwyl die twee Russe Daniel Medvedev […]

Read More