Rugby: Ierland kraai tans koning

Rugby: Ierland kraai tans koning. Hulle is nommer een op die wêreldranglys en Leinster speel volgende naweek in die eindstryd van die Kampioenebeker teen die verdedigende kampioen, La Rochelle. Daar is ook drie Ierse spanne in Saterdag se halfeindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Leinster het die groepfase van die VRK oorheers en speel teen Munster, terwyl Connacht in Kaapstad teen die Stormers te staan kom. Die slot Joe McCarthy sê dit is ‘n baie spesiale oomblik vir Leinster.