Daar is nie kommer oor mahangu-tekorte nie, dis net die prys met die swak rand

Die plaaslike mahangu-oes is onder druk as gevolg van wisselvallige reën. Namib Mills koop plaaslik aan om sy Meme Mahangu-produk te vervaardig en vul die aankope aan deur Indië. Met ‘n verlaagde oes vanjaar, sê Ian Collard, die uitvoerende hoof van die NMI-groep, is dit nog nie duidelik wat die Indiese vooruitsigte is nie omdat […]

Read More

Hartebeestloop-bul behaal N$350 000

Die Hartebeestloop-veiling van Joggie Briedenhann is op die oomblik aan die gang en sy legendariese Bonsmara-bulle gaan onder die hamer. Tot dusver wissel pryse rondom 80 000 en 100 000 Namibiese dollar vir die jonger bulle maar, een bul is verkoop vir 350 000 dollar met ‘n ander vir 320 000 dollar en nog een […]

Read More

Amushelelo se verhoordatums nog nie bekend nie

Die omstrede arbeidsaktivis Michael Amushelelo het vlugtig in die landdroshof in Katutura verskyn saam met sy medebeskuldigdes Dimbulukeni Nauyoma en Inna Hengari. Sy prokureur Kadhila Amoomo sê die staat kon nie die verhoordatum bevestig nie en dus is die saak uitgestel tot volgende week Dinsdag. Amushelelo verskyn in sy derde arbeidsaak, die een in verband […]

Read More

Thabo Bester se medepligtige wil borg hê, tronk is te koud

‘n Man wat daarvan aangekla word dat hy Thabo Bester gehelp het om uit die Mangaung-korrektiewe sentrum in die Vrystaat te ontsnap, Teboho James Dipolo, het borgtog versoek omdat die tronk te koud vir hom is. Dipolo se regsverteenwoordiger het aan die hof gesê daar is nie genoeg komberse nie, wat veroorsaak dat hy griep […]

Read More

Israel se weermag vra om verskoning vir Shireen se dood

Die legendariese Amerikaanse-Palestynse verslaggewer Shireen Abu Akleh is op 11 Mei verlede jaar deur soldate van die Israelse weermag doodgeskiet terwyl sy verslag in die besette Wesoewer gedoen het. Terwyl daar druk is op Benjamin Netanyahu se regering is om ondersoek in te stel en die skuldiges aanspreeklik te hou, word die beroepe geweier. Maar, […]

Read More

So sal Nujoma se bydrae onthou word

Die stigterspresident van Namibië Sam Nujoma vier vandag sy 94ste verjaardag. Nujoma wat in 1990 Namibië se eerste demokraties verkose President geword het, het vir drie termyne as President gedien nadat hy die land tot onafhanklikheid gelei het ná jare se bevrydingstryd. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke leiers gesels oor Nujoma en sy nalatenskap…

Read More

Kaping meesterbrein vas in KZN

KwaZulu-Natal se LUR vir Vervoer, Sipho Hlomuka, het wetstoepassers geloof wat ‘n verdagte aangekeer het wat vermoedelik die baasbrein is agter ‘n reeks voertuigkapings langs die grens by Kosibaai tussen Manguzi en Mosambiek. Die polisie sê Vusi Amos Malwane wat in verband met die kapings gearresteer is, het ook in 2014 uit die tronk ontsnap. […]

Read More

Dwelms en drankmisbruik onder Namibiese jeug…

Nes in Namibië, staar Suid-Afrika ‘n groeiende probleem van dwelmmisbruik en verslawing in die gesig, veral onder jongmense. Dit sluit alkohol en ‘n dwelms in. In Gauteng is dit as ‘n prioriteitskwessie deur premier Panyaza Lesufi geïdentifiseer. Ten spyte hiervan is daar egter verbasend min programme, mense en geakkrediteerde fasiliteite om die probleem in beide […]

Read More

AgriSA verwelkom stappe vir biosekuriteit

AgriSA verwelkom die regering se optrede om die vele gebreke in die veeartsenykundige en diere-biosekuriteitstelsels aan te spreek. Volgens ‘n verslag deur die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling funksioneer die land se veeartsenykundige en biosekuriteitstelsels nie behoorlik nie, weens talle probleme. Dit wissel van probleme met institusionele ontwerp en begrotingsbeperkings, tot produksiebeperkings by die Onderstepoort Entstofvervaardigingsfasiliteit, met verreikende gevolge.  AgriSA sê die verslag […]

Read More

Twitter kry (dalk) nuwe hoof

Elon Musk sê hy het ‘n nuwe uitvoerende hoof vir Twitter gevind, maar het nie die persoon se naam bekend gemaak nie. Die Wall Street Journal het hoewel berig het dat Linda Yaccarino, uitvoerende hoof van Comcast NBCUniversal, in gesprek was vir die pos. In ‘n twiet sê Musk dat hy opgewonde is oor die nuwe uitvoerende hoof en dat sy oor ses week sal begin. Hy sê hy sal binne die […]

Read More