VSA vies oor Russiese aanvalle op graaninfrastruktuur

Amerika sê hy veroordeel Rusland se voortdurende aanvalle op Oekraïne se graaninfrastruktuur ten sterkste. Sedert Moskou aan die Swartsee-graanooreenkoms onttrek het, val hy gereeld Oekraïnse landbou- en hawe-infrastruktuur aan. Vroeër die week het talle Russiese hommeltuie silo’s en pakhuise aangeval. Die Amerikaanse departement van buitelandse sake se adjunkwoordvoerder, Vedant Patel, sê hierdie aanvalle vererger die wêreldwye voedselkrisis: 

Read More

SAPD moet liggaams-kameras kry

Die DA vra die dringende instelling van liggaams-kameras om polisiewreedheid en –geweld teen te werk. Die party sê die onlangse gewelddadige voorval waarby adjunkpresident Paul Mashatile se bloulig-boelies betrokke was, beklemtoon die noodsaaklikheid vir optrede binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Andrew Whitfield van die party sê ondanks die polisie se aanvanklike aankondiging van planne vir liggaams-kameras in 2019, en die minister […]

Read More

LP’s se gades word blykbaar teen geslagsgeweld ‘opgelei’

Daar word berig dat die Nasionale Vergadering se vyfdag-kursus vir gades van LP’s op geslagsgeweld sal fokus. Die kursus wat blykbaar etiket vir LP’s se gades sal leer, sal die belastingbetaler 189 000 Namibiese dollar uit die sak jaag. Volgens plaaslike media, het die sekretaris van die Nasionale Raad Tousy Namiseb bevestig dat die kursus of werkswinkel gehou word om ‘n vreedsame atmosfeer te skep deur geslagsgeweld teen LP’s te verhoed. Die […]

Read More

Okh-inwoners ruk weer op, in Windhoek

Dienslewering bly in die nuus. Die vasberade inwoners van Okahandja se informele nedersettings wat veg om grond en dienste te kry, het belowe om hul stryd voort te sit totdat hul versoeke beantwoord word. Die groep gaan ‘n optog op 7 September in Windhoek saam met inwoners van verskillende informele nedersettings hou. Groepleier, Sydney Gariseb, het met […]

Read More

SA-koalisie reeds haaks oor naam van bespreking

Sewe Suid-Afrikaanse opposisiepartye wat aan die droompakt-besprekings deelneem, het die naam van die konvensie verander na die Veelparty-Handves vir Suid-Afrika. Die leier van die DA, John Steenhuisen, het die oorspronklike naam in April aangekondig op die party se federale kongres. Die konvensie se sameroeper, William Gumede, sê die naam het onenigheid veroorsaak omdat baie van die partye […]

Read More

Geweld op Niger se grens, 17 soldate dood

Die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrikaanse State het die aanvalle deur gewapende groepe in Niger wat tot die dood van verskeie Nigerse soldate gelei het, veroordeel. Die ministerie van Verdediging in Niger het bevestig minstens 17 soldate is dood in ‘n Islamitiese militante aanval in die Tillabéri-streek, naby die grens met Burkina Faso. Nog 20 is beseer. Dit […]

Read More

Landbou en die droogte – hulp is dringend nodig

Namibië Boere Droogtehulp sê die droogte is ‘n groot krisis, veral met net sekere streke wat droogtehulp ontvang. Die kantoor van die eerste minister gee tans droogtehulp in die streke van Kunene, dele van Omusati en Erongo, Omaheke, Karas en Hardap maar dit sal moontlik uitgebrei word. Kosmos 94.1 Nuus het met Henriette le Grange van die organisasie gesels. 

Read More

Boer wie se renosters deur Jackson Babi gestroop is, praat oor verlies

Adjunk-regterpresident Hosea Angula het die renosterstroper en selfverklaarde profeet Jackson Babi, se saak tot 20 September in die Windhoek-hoërhof uitgestel vir die toewysing van verhoordatums. Babi appelleer teen sy vonnis van 27 jaar vir renosterstropery. Hy is in September verlede jaar op Gobabis op 11 klagte skuldig bevind. Hy is in Mei 2020 gearresteer met […]

Read More

Uitspraak word verwag in Zhong Mei-NamRA-saak

Daar word verwag dat regter Eileen Rakow vandag uitspraak sal lewer in die saak waar die Chinese konstruksiemaatskappy, Zhong Mei Engineering-groep, NamRA en ‘n handvol ander respondente gedagvaar het om 33 miljoen Namibiese dollar terug te kry. NamRA het blykbaar opdrag gegee dat die fondse uit die maatskappy se rekening oorgedra word vir onbetaalde belasting […]

Read More

Angola maan Namibië om nie dieselfde foute met olie te maak nie

Met die Namibiese Olie- en Gaskonferensie wat vandag vir die tweede dag in die hoofstad voortduur, is buurland Angola een van die lande in Afrika wat al lank in die oliebedryf is. Soos baie ander lande, het Angola ‘n les waaruit Namibië kan leer. Die voorsitter van Angola Oil and Gas Service Companies Association, dr. […]

Read More