Voertuigverkope vertoon goed vir Januarie

Die jongste voertuigverkoopsyfers, vir Januarie vanjaar vertoon goed. Simonis Storm sê dit was die beste Januarie sedert 2019, met 798 eenhede wat verkoop is. Die syfer vertoon swakker teenoor die syfers aan die einde van verlede jaar, 16,2 persent minder op ‘n maandgrondslag maar, Januarie is tradisioneel nie ‘n goeie maand vir voertuigverkope nie. Plaaslik […]

Read More

Uranium One verwelkom Nganate se aanmerkings oor uraan

Die kommunikasie konsultant van Uranium One, Riaan van Rooyen sê hulle verwelkom die kommentaar deur die Omaheke-goewerneur Pijoo Nganate, wat ‘n beroep op Namibiërs doen om vrese oor uraan-ontginning in die streek te laat gaan en Uranium One te verwelkom. Nganate sê sou uraan-ontginning toegelaat word sal Leonardville heeltemal omskep word en daar is oor […]

Read More

Grense gesluit vir verskeie groente-produkte

Die Namibiese Akkerbouraad het die grense gesluit vir verskeie produkte tot einde Februarie. Daar is ‘n algehele verbod op die invoer van botterskorsies, Engelse komkommer, gekleurde en groen soetrissies, pampoen, konfyt-tamaties, kersie-tamaties, waatlemoen, spanspek en soetmielies. Die grens is oop vir kool, skorsies, uie en gewaste aartappels, met 47 persent beperking wat steeds geld. Die raad beheer […]

Read More

Voedselpryse blyk om te daal

Die voedselprysindeks van die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie sê pryse het in Januarie effe gedaal. Dit word aangedryf deur ‘n daling in die prys van olies, vleis en suiwel. Graan se pryse vertoon steeds hoof. Die prys van olies en vette het oor die algemeen met 24 persent in Januarie vanjaar gedaal teenoor ‘n styging van […]

Read More

Kanime waarsku oor slenters met studente-behuising

Slenters loop weer oop, veral met studente wat dringend akkommodasie in die hoofstad soek. Dit is ‘n probleem wat jaarliks voorkom en mense betaal voor uit sonder dat hulle die woonstel of kamer gesien het, met die sogenaamde huurder wat eenvoudig verdwyn. Die hoof van die Stadspolisie, Abraham Kanime, het raad.  

Read More

Britte vorder met nul-vrystelling teikens

Die Verenigde Koninkryk het goeie vordering gemaak met die bereiking van netto-nul koolstofvrystellings teen 2050. Om dit te bereik sal wel beteken dat hoër belasting ingestel word. Dit is volgens die vooraanstaande ekonoom Nicholas Stern. Hy sê dat beide openbare en private investering in nuwe tegnologie nodig is. Die Verenigde Koninkryk word ook aangemoedig om die VSA […]

Read More

Strauss sê reëlings vorder vir Saterdag 

Die Blou Bulle en die Stormers pak mekaar die naweek op Loftus Versveld… en tot dusver, was die Bulle nog nie in staat om so te wen nie… Die president van die Blou Bulle Willem Strauss sê reëlings vorder goed en 24 000 kaartjies is reeds verkoop. 

Read More

Radio is belangrikste bron van inligting in die land

Namibië sluit aan by die res van die wêreld met die herdenking van die 12de Wêreld Radiodag. Radio bly uiters belangrik, veral in Namibië vir vermaak, nuus en inligting. Die adjunk-minister van inligting, Emma Theofelus sê radio is die mees toeganklike vorm van media in die land.

Read More

Drie groenskemas presteer – Schlettwein

Drie groenskemas, Shadikongoro, Sikondo en Etunda, is nog nie deur die landbouministerie vir privaatvennootskappe geadverteer nie en is in produksie met wintergewasse wat reeds geoes word. Minister Calle Schlettwein sê die skemas het ‘n opbrengs van 776 hektaar aangekondig wat 7 000 ton wit mielies insluit en sou alles glad verloop sal die opbrengs die Nasionale […]

Read More

186 nuwe Covid-gevalle in ‘n week

Die Namibiese gesondheidsministerie het nog nie die jongste Covid-syfers in die land bekend gemaak nie. Covid is weer in die nuus as gevolg van die hoogs aansteeklike Omikron variant wat die rondes doen. Volgens die WGO is daar tot en met 5 Februarie 362 positiewe gevalle van die virus in die land aangemeld. Twee pasiënte […]

Read More