Okavango-rivier se vlakke kom normaal voor vir die tyd van die jaar

Die Namibiese Hidrologiese Diens het vanoggend die Okavango-rivier se vloedvlakke op 5,75 meter bepaal en sê die rivier styg vinnig. Verdere reën word in die opvangsgebied verwag maar volgens Mark Paxton van Shamvura Camp by die rivier, lyk toestande heel normaal vir die tyd van die jaar, al word vloedpleine vol.

Read More

Verlies van biodiversiteit in die VSA en wat dit vir landbou beteken

Reaksie word ontvang op navorsing in die VSA wat toon dat 40 persent van diere en 34 persent van plante in daardie land die risiko loop om uit te sterf. Daar is ook bevind dat 41 persent van ekosisteme ineenstorting in die gesig staar. Die VSA is ‘n baie groot uitvoerder van grane en graanprodukte […]

Read More

Kanadese tiener slaan N$850m los in lotery

‘n Vrygewige Kanadese tiener is mildelik beloon nadat sy 13 jaar gelede ruimhartig was. Sy het onlangs 850 miljoen Namibiese dollar in Ontario se staatslotery gewen. Juliette Lamour was net 5 toe sy in 2010 haar spaarvarkie leeggemaak het om slagoffers van ‘n verwoestende aardbewing in Haïti te help. Sy en haar sussie, Sophie, het […]

Read More

Cyril moet kragkrisis aanspreek

Die Wes-Kaapse regering doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa om vanaand in sy staatsrede beslissende maatreëls aan te kondig om Suid-Afrika se kragkrisis aan te pak. Volgens die provinsie veroorsaak die krisis aansienlike ekonomiese skade en maak inbreuk op burgers se regte. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, doen ‘n beroep […]

Read More

Neckartal en Hardap vat water

Die Suide se twee reuse-damme begin water inneem na ‘n paar dae van goeie neerslae. Die Neckartaldam het net minder as 6,2 miljoen kubieke meter water ingeneem en staan tans op 93,5 persent terwyl die Hardapdam 564 000 kubieke meter water ontvang het wat sy totaal op 46,1 persent te staan bring. In die sentrale gebied het Swakoppoort weer water ingeneem, 392 000 […]

Read More

Eskom sal kontrakteurs begin aanspreeklik hou

Die buurland se minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, sê Eskom sal kontrakteurs en diensverskaffers begin monitor om te verseker dat hulle mandaat nagekom word. Gordhan sê die regering sal kontrakteurs aanspreeklik hou vir dienste wat aan kragstasies gelewer word in ‘n poging om ‘n oplossing vir die land se kragkrisis te vind. Die minister […]

Read More

Britse regering keur nuwe wetgewing toe wat brandweer verhoed om te staak

Die sekretaris-generaal van die Britse vakbond vir brandweer-personeel Matt Wrack sê dit is onaanvaarbaar dat die regering nuwe wetgewing daargestel het wat hulle as noodsaaklike diens verklaar en dus verhoed om te staak. Wrack sê die tydsberekening van die stap sê alles.

Read More

Bejaarde man ontmoet familie van man wat hom van Nazi’s gered het

‘n  Bejaarde Belgiese man was verheug toe hy uiteindelik die afstammelinge van ‘n gesin ontmoet het wat hom weggesteek het tydens die Volksmoord. David Rossler was slegs vyf-jaar-oud toe hy en sy ma in die Tweede Wêreldoorlog gered is. Hy het nou die geleentheid gekry om Georges Bourlet se familie te bedank vir wat hul oupa in 1944 gedoen […]

Read More

SA-parlement sal eers oor vyf jaar herstel wees

Die speaker van die Suid-Afrikaanse parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sê dit sal nog tot so veel as vyf jaar neem, voor die gebou weer in volle gebruik sal wees. ‘n Verwoestende brand het op die 2 Januarie verlede jaar by die gebou uitgebreek wat groot skade aan die gebou se binnekant en oorhoofse infrastruktuur gelaat het. […]

Read More

Onderwys laat vaar hofaansoek oor kos-tender

Plaaslike media berig dat die onderwysministerie sy hofsaak teen die hersieningspaneel se besluit om nie die koshuisvoedseltender toe te ken nie en die proses weer van vooraf te begin, laat vaar. Regter Boas Usiku het reeds in September verlede jaar ‘n tussentydse interdik aan die ministerie toegeken tot die hersieningsaansoek voltooi is. Maar die ministerie het nou die aansoek laat vaar. Die paneel het die toekenning van ‘n […]

Read More