Dagga-aktivis reageer op SA-stappe om dagga-wette te bespoedig

Reaksie word ontvang op die nuus dat die ANC-regering beoog om die kommersialisering van die hennep- en dagga-bedryf te bespoedig, wat weens wetgewingskwessies vertraag is. Die bedryf het die potensiaal om meer as 130 000 werksgeleenthede te skep en armoede te verlig. Om die proses te bespoedig, word die regering aangemoedig om werksgroepe vir ‘n meesterplan te herstel en in die bedryf te belê. Angela Prusa van die Cannabis and Hemp Association of Namibia, wat reeds jare lank beywer dat dagga in Namibië gewettig word, het haar mening met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.