Aktetas-tenderpreneurs het bygedra tot jeugwerkloosheid

Jeugwerkloosheid in Namibië bly in die nuus, veral met politieke aktiviste wat nog steeds agter tralies is nadat hulle op Onafhanklikheidsdag tydens ‘n betoging oor die kwessie gearresteer is. Tenders aan sogenaamde aktetas-tenderpreneurs word gereeld vir werkloosheid blameer omdat individue ryk word op die rug van openbare fondse. Die amptelike opposisieparty, die PDM, se skaduminister van finansies, Nico Smit, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy stem saam met die mening.