Veiling van Hume se renosterplaas het vandag begin

Die veiling van die Suid-Afrikaanse Platinum Rhino van die bekende renoster-bewaarder en John Hume het vandag begin. Hume, nou 81 jaar oud, het besluit om te verkoop omdat hy nie verder geld in die stigting kan inpomp nie. Die reserweprys is op 10 miljoen Amerikaanse dollar bepaal. Hume se projek word erken as die grootste […]

Read More

Skuld in Namibië is ‘n gewoonte onder verbruikers, ingrypings nodig

Daar is kommer oor die skuldvlakke van huishoudings in die land. Volgens die jongste Namfisa syfers staan die leningsboek van mikroleners in die land op die oomblik op 7.1 miljard Namibiese dollar uit die net meer as 65 miljard dollar se privaatskuld wat aangeteken is. Kenners meen die syfer sou baie hoër gewees het as […]

Read More

Mashare-landbouprojek in sak en as

Plaaslike berigte lui dat die Mashare Landbou-ontwikkelingsinstituut in die Kavango Oos-streek sedert 2017 geen begroting ontvang het nie. Die bestuurder by die instituut, Lukas Mandema sê daar is tans varke, beeste en donkies op die perseel met 50 werkers en terwyl die regering deeglik bewus is van die stand van stake, word daar niks aan […]

Read More

Okahandja se ploteienaars loop deur onder herhaalde misdaad

Eienaars van plotte in die omgewing van Okahandja gaan gebuk onder herhaalde misdaad. Daagliks is daar klagtes oor infrastruktuur, selfs hekke, wat gesteel word. Veediefstal kom ook algemeen voor. Eierprodusent James Roux het die week 30 bees verloor. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

NWR sal waterdraers by Visrivier-canyon ontplooi

Namibia Wildlife Resorts sê hy het kommer oor die vlakke van water in die Visrivier-canyon. Die omgewingsministerie het onlangs ondersoek ingestel en sê die riviervlakke is baie laer as normaal as gevolg van swak reënval. Die NWR sê om die veiligheid van stappers te bewerkstellig, sal hy waterdraers ontplooi. Die stapseisoen maak Maandag, 1 Mei […]

Read More

Bejaarde paartjie wat kind aan boom vasketting in September weer in die hof

‘n Paartjie van die Omuntele-kiesfadeling in die Oshikoto-streek, Johannes Kanime, 94, en Ndeshihafela Immanuel, 56, sal weer op 7 September in die Ondangwa-landdroshof verskyn na hulle saak uitgestel is om hulle toe te laat om aansoek te doen vir regshulp. Die twee word daarvan beskuldig dat hulle hul nege-jarige kleindogter aan ‘n boom in die […]

Read More

Duduzane sê SA stort ineen onder huidige ANC-leierskap

Oudpresident Jacob Zuma se seun, Duduzane, sê die land het dringend ‘n verandering in leierskap nodig. Hy gaan as onafhanklike kandidaat in volgende jaar se verkiesing staan. Zuma sê hy was ontsteld toe mense hom afraai om die ANC-presidentskap by verlede jaar se konferensie te betwis omdat hy nie politieke ervaring het nie. Hy sê […]

Read More

Keniaanse owerhede brei soektog uit in verhongeringsekte

Kenia se ministerie van Binnelandse Sake het opdrag gegee dat die soek-en-reddingsending op ‘n plaas naby die kusdorp Malindi uitgebrei word. Die polisie het nou al meer as 90 liggame verwyder uit massagrafte wat vermoedelik verband hou met ‘n kultus wat sy volgelinge aangemoedig het om op te hou eet om saligmaking te kry. Die […]

Read More

Arteta sê vanaand se wedstryd teen Man City sal nie titel bepaal nie

Arsenal se bestuurder, Mikel Arteta, sê vanaand se wedstryd teen Manchester City sal nie die Engelse Premierliga-titel bepaal nie. Die Liga-voorlopers, Arsenal, is vyf punte voor Pep Guardiola se span wat in die Etihad-stadion teen hulle uitdraf, maar City het twee wedstryde oor. Arsenal het in 2004 laas die Premierliga gewen en Arteta sê sy […]

Read More

Diamantproduksie groei goed, dryf ekonomie aan

Namibië se diamantproduksie het in die eerste kwartaal van vanjaar met 37 persent tot 0,6 miljoen karaat toegeneem, hoofsaaklik aangedryf deur die bydrae van die Benguela Gem-vaartuig, wat in Maart 2022 met produksie begin het. Data wat deur De Beers vrygestel is, toon verder dat in die tydperk onder oorsig het Debmarine Namibia 0,498 miljoen […]

Read More