185 dood, 1 800 beseer in Khartoem

Minstens 185 mense is reeds dood en meer as 1 800 beseer terwyl gevegte tussen strydende magte in Soedan voortwoed. Onder die beseerdes is die Europese Unie se ambassadeur in die land, Aidan O’Hara, wat in sy huis in Khartoem aangerand is. Die weermag en ‘n paramilitêre groep, die Rapid Support Forces, het oproepe vir ‘n skietstilstand verwerp. Khartoem het deurgeloop onder lugaanvalle, bomme […]

Read More

VSA, EU vererger hulle vir Lula

Brasiliaanse President Luiz Inacio Lula da Silva het groot kritiek van die EU en die VSA uitgelok na sy kommentaar oor die oorlog in die Oekraïne tydens sy besoek aan China.  Die Withuis sê die aanmerkings maak die VSA verantwoordelik vir die oorlog wat onwaar is en beskuldig Lula daarvan dat hy Russiese en Chinese propaganda uitbasuin  sonder om na die feite te […]

Read More

Outa sê hy het kommer oor nuwe kieswet

Die Organisasie teen Belastingmisbruik in die buurland sê al het President Cyril Ramaphosa die Verkiesingswysigingswet onderteken, bestaan daar steeds kommer. Die Nasionale Vergadering het die wet in Februarie aanvaar nadat ‘n bevel deur die Konstitusionele Hof opdrag gegee het dat die wet van Junie 2020 gewysig moet word. Die wetgewing laat nou toe dat onafhanklike kandidate op provinsiale en nasionale vlak […]

Read More

Groot toename in vaartuie by Namport

Namport se onlangse bemarking as hawe-bestemming vir passasiers vaartuie werp vrugte af. Die owerheid sê hy het 87 persent meer van die tipe vaartuie in die 2022-23 boekjaar verwelkom teenoor die wat in 2021-22 aangeteken is. In ‘n verklaring sê die owerheid se bestuurder van korporatiewe kommunikasie, Tana Pesat, dat die herstel na die pandemie duidelik gesien kan word. Pesat sê daar […]

Read More

Ramokgopa het plan vir kragonderbrekings

Die buurland se elektrisiteitsminister, Kgosientso Ramokgopa, het ‘n aksieplan voorgelê om die voortgesette  kragonderbrekings op te los. Hy het die plan op ‘n vergadering in Polokwane, Limpopo, aan die ANC se nasionale werkskomitee voorgelê. Die party is sedert die naweek in die provinsie om die stand van politiek en staatsbestuur te ondersoek. Ramokgopa sê hy sal die dringende stappe deel […]

Read More

Regter weier om Trump se verkragtingsaak uit te stel

‘n Regter in Manhattan het oudpresident Donald Trump se versoek dat die skrywer E. Jean Carroll se saak teen hom met ‘n maand uitgestel word, van die hand gewys. Sy dagvaar Trump vir laster nadat hy gesê het sy jok toe sy in 2019 in ‘n memoir geskryf het dat hy haar in 1996 in ‘n aanpashokkie in ‘n winkel in Manhattan verkrag het. Carroll […]

Read More

Klopp se span beïndruk

Liverpool het Leeds United by Elland Road met 6-1 verpletter in hulle poging om teen alle verwagting die Premierliga se top-vier te haal met sewe wedstryde wat oorbly. Liverpool is nou net drie punte agter Aston Villa wat sesde is. Leeds is steeds net twee punte bo die relegasieplekke. Die bestuurder, Jurgen Klopp, was beïndruk met sy span se vertoning: 

Read More

Hou weerloses warm die winter

Die winterseisoen is om die draai met weerlose mense en diere wat geen warm klere of komberse het om hulle teen die koue te beskerm nie. As jy van jy ou komberse wil ontslae raak, skenk dit aan ‘n plaaslike liefdadigheidsorganisasie of diere-skuiling. Daar is soveel honde wat hierdie winter warm komberse benodig, en baie […]

Read More

Verbruikers kriewelrig oor môre se rentekoers aankondiging

Ekonomiese ontleders sê Namibiërs moet gereed maak vir nog ‘n rentekoersverhoging terwyl die Bank van Namibië se monetêre beleidskomitee vandag vergader. Die sentrale bank sal môre die besluit oor rentekoerse aankondig. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het vroeër rentekoerse met 50 basispunte verhoog, strydig met markverwagtinge. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom Robert McGregor gepraat oor […]

Read More

Kunene styg skerp by Ruacana

Daar was uiters goeie neerslae in die opvangsgebied van die Kunene-rivier en daarom ook, verligting in kragopwekking. Die Namibiese Hidrologiese Diens sê die vloei by die Ruacana-hidroëlektriese-aanleg het skerp gestyg tot by 928 kubieke meter water per sekonde maar het toe afgeneem na 521 kubieke meter Maandagoggend. Die rivier het uiters swak tot dusver in die huidige […]

Read More