Bejaarde paartjie wat kind aan boom vasketting in September weer in die hof
‘n Paartjie van die Omuntele-kiesfadeling in die Oshikoto-streek, Johannes Kanime, 94, en Ndeshihafela Immanuel, 56, sal weer op 7 September in die Ondangwa-landdroshof verskyn na hulle saak uitgestel is om hulle toe te laat om aansoek te doen vir regshulp. Die twee word daarvan beskuldig dat hulle hul nege-jarige kleindogter aan ‘n boom in die kiesafdeling vasgeketting het. Hulle staar klagtes van kindermishandeling in die gesig maar, is op waarskuwing vrygelaat. Foto’s van die kind is op sosiale media gedeel en het groot opslae gemaak omdat die kind erg ondervoed voorkom. Die saak is blykbaar op 22 April deur die kiesafdeling se raadslid, Sacky Nangula by die polisie aangemeld na lede van die gemeenskap hom daarvan ingelig het.