Diamantproduksie groei goed, dryf ekonomie aan

Namibië se diamantproduksie het in die eerste kwartaal van vanjaar met 37 persent tot 0,6 miljoen karaat toegeneem, hoofsaaklik aangedryf deur die bydrae van die Benguela Gem-vaartuig, wat in Maart 2022 met produksie begin het. Data wat deur De Beers vrygestel is, toon verder dat in die tydperk onder oorsig het Debmarine Namibia 0,498 miljoen karaat geproduseer, ‘n 33 persent toename, met Namdeb se produksie wat op 0,121 miljoen karaat te staan gekom het, ‘n toename van 59 persent. Diamante het in die vierde kwartaal ekonomiese groei in die mynwese sektor aangedryf en dus, ook die grootste bydrae tot ekonomiese groei in die land gemaak het.