NWR sal waterdraers by Visrivier-canyon ontplooi

Namibia Wildlife Resorts sê hy het kommer oor die vlakke van water in die Visrivier-canyon. Die omgewingsministerie het onlangs ondersoek ingestel en sê die riviervlakke is baie laer as normaal as gevolg van swak reënval. Die NWR sê om die veiligheid van stappers te bewerkstellig, sal hy waterdraers ontplooi. Die stapseisoen maak Maandag, 1 Mei oop. Die beamptes sal verseker dat stappers toegang tot veilige drinkwater het. Stappers word ook aangeraai om watersuiweringstablette tydens hul staptog te dra om te verseker dat hulle te alle tye toegang tot skoon water het. Hierdie voorsorgmaatreël is volgens die maatskappy, noodsaaklik.