Outa sê Padbestuurkorporasie mislei die publiek - August 15, 2024

Die Organisasie Teen Belastingmisbruik sê die Padbestuurskorporasie het die publiek mislei oor waarom dit nie die geldigheid van kaartrybewyse gaan verleng nie. Die ondersoek van die organisasie toon die Korporasie het sy eie navorsing van 2022 geïgnoreer wat die verlenging tot agt jaar aanbeveel maar het eerder sy standpunt met ‘n fiktiewe verslag geregverdig. Volgens […]

Read More

WGO verklaar M-pokke na noodtoestand van internasionale kommer - August 15, 2024

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het a-pokke tot ‘n openbare gesondheidsnoodtoestand van internasionale kommer verklaar. Dit is die hoogste waarskuwingsvlak onder internasionale gesondheidswetgewing. Dit volg nadat die Afrika-sentrum vir Siektebeheer en -Voorkoming Dinsdag die virusinfeksie tot ‘n openbare gesondheidsnoodtoestand op die vasteland verklaar het. Meer as 14-duisend gevalle en 524 sterftes is vanjaar aangeteken. Die WGO se direkteur-generaal, […]

Read More

Thailand se premier deur hof verwyder - August 15, 2024

Thailand se Konstitusionele Hof het eerste minister, Srettha Thavisin, uit sy pos verwyder omdat hy die grondwet oortree het. Die hof het bevind Srettha het etiese reëls oortree toe hy die prokureur, Pichit Chuenban, in die kabinet aangestel het al was hy voorheen in die tronk. Hy het dus nie aan etiese standaarde voldoen nie. […]

Read More

Home of Good Hope hou insamelingsveldtog - August 15, 2024

Home of Good Hope is in 2007 deur Monica Imanga as ‘n sopkombuis gestig en as ‘n Artikel 21-maatskappy geregistreer. Dit het ontwikkel tot ‘n omvattende sosiale opheffingsentrum in die Goreangab informele nedersetting in Windhoek. Die organisasie verskaf voedings-, gesondheids- en opvoedkundige ondersteuning asook sportprogramme aan meer as 800 kwesbare kinders, en borg kwalifiserende studente […]

Read More

Repokoers verlaging en die impak op beleggings - August 15, 2024

Reaksie word ontvang op die verlaging van die plaaslike repokoers na 7,5 persent. Die Namibiese repokoers is nou 75 basispunte laer as Suid-Afrika s’n wat ‘n impak op plaaslike beleggings kan beteken. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Theo Klein, van Oxford Economics Africa, gesels. Klein voorsien nie dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank rentekoerse […]

Read More

Opheffing van grondbelasting steeds in die nuus - August 15, 2024

Die opheffing van grondbelasting van 2 miljoen Namibiese dollar bly in die nuus. Volgens die Engelse dagblad The Namibian, wou die minister van grondhervorming Utoni Nujoma nie veel daaroor sê nie behalwe om die joernalis hel toe te stuur. Die koerant sê die opheffing bring groot voordele vir name soos Nujoma, Lazarus Jacobs, McHenry Venaani, […]

Read More

Lae Hardap-slaagsyfers onder die loep - August 15, 2024

Die adjunk-onderwysminister Faustina Caley het haar kommer oor die lae slaagsyfer in die Hardap-streek uitgespreek. Volgens die syfers het laer primêre leerders ‘n indrukwekkende slaagsyfer van 99,8 persent maar dit neem skerp af. In graad 4 is 3 005 studente bevorder, maar net 61 persent het tot graad 5 gevorder. Die bevorderingskoers daal weer in […]

Read More

Owerhede gee raad oor bobbejane in die stad - August 15, 2024

Inwoners van Windhoek staar ‘n unieke mens-dier-konflik in die gesig met bobbejane wat gereeld huise binneval, tuine beskadig en selfs huise binnegaan op soek na kos. ‘n Bobbejaan is onlangs op kringtelevisie gesien terwyl hy by ‘n huis inbreek. Inwoners word aangeraai om voedselbronne te beveilig, eiendomsversperrings te versterk, afskrikmiddels soos bewegingsgeaktiveerde ligte te gebruik […]

Read More

Klaringsagente wie nie hernu het nie, se lisensies opgeskort - August 15, 2024

Die Namibiese Inkomstediens, NamRA, het die opskorting van lisensies aangekondig vir klaringsagente wat versuim het om hul lisensies vir vanjaar te hernu. Klaringsagente moet hul lisensies voor die einde van elke kalenderjaar hernu, soos gespesifiseer in artikel 73 van die Doeane- en Aksynswet. Agente wie se lisensies opgeskort is, sal ‘n grasietydperk kry om hul […]

Read More

Rassie glo die reeks kaarte was net te wyte aan swak tegniek - August 15, 2024

Springbok-hoofafrigter Rassie Erasmus glo nie vuilspel was die rede vir die een rooi- en vyf geelkaarte wat sy spelers in die afgelope drie toetse gewys is nie, en meen die meeste van die oortredings was net weens swak tegniek. Hy ontken die kaarte was die gevolg van ‘n gebrek aan dissipline, en is nie bekommerd […]

Read More