
Spoor moet goedkoper wees, maar is nie… - September 18, 2024
Namibië se spoorvervoersektor word geteister deur ondoeltreffendheid, wat energiekoste regoor die land aansienlik verhoog. The Brief berig oor ‘n onlangse verslag, Bridging the Gap in Energy Infrastructure, wat deur Puma Energy van stapel gestuur is toon dat spoorwegtariewe tussen Walvisbaai en Windhoek op 22 Namibiese dollar per kubieke meter taan, vergeleke met 24 per vragmotor. […]
Ouditeur-generaal praat oor SAL - September 18, 2024
Die Kantoor van die ouditeur-generaal sê die Suid-Afrikaanse Lugdiens het in onlangse jare ernstige finansiële en bedryfsrampspoed ervaar. Ouditeur Thato Kunene het aan die Parlementêre Staande Komitee oor Openbare Rekeninge gesê die regering het 38,1-miljard-rand in die lugdiens ingepomp waarvan 27,6-miljard-rand toegewys is na die sakeredding. Hy het bygevoeg daar is tans geen lenings aan […]
Hezbollah ‘pager’ aanvalle – dit was Mossad - September 18, 2024
Die Iran-gesteunde Libanese militante groep Hisbolla het wraak teen Israel belowe ná die noodlottige ontploffing van radio-ontvangtoestelle bekend as pagers in Libanon. Minstens nege mense is dood en nagenoeg 3 000 is gewond nadat Hisbolla-lede se radio-ontvangtoestelle ontplof het. Iran se ambassadeur in Libanon is een van die gewondes. ‘n Boodskap is op die toestel […]
Diddy bly agter tralies tot verhoor - September 18, 2024
Die omstrede musiekmagnaat, Sean Diddy Combs, is aangekla van rampokkery, sekshandel en dat mense tussen state vervoer is vir prostitusie. Hy is in New York gearresteer, maande nadat federale owerhede klopjagte uitgevoer het op sy luukse wonings in Los Angeles en Miami. Combs is borgtog geweier nadat hy onskuldig gepleit het. Amerika se prokureur vir […]
Belasting moet teen 28 Feb. terugbetaal wees - September 18, 2024
Vakbonde sê werkgewers moenie hulle voete sleep met die terugbetaling van belasting nie. Dit kom na die belasting verligtings in die Staatskoerant gepubliseer is. In gesprek met plaaslike media vra vakbondleiers dat maatskappye so vinnig as moontlik die verligting aan werkers deurgee. Arbeidskenner Herbert Jauch sê aan The Namibian dat werkers hulle vakbonde of die […]
Namibië dien vroeg verslag in oor gryslys - September 18, 2024
As Suid-Afrika teen Oktober 2025 van die Finansiële Taakmag se gryslys af wil kom, moet hy teen Februarie 2025 die 22 geïdentifiseerde kwessies aanspreek. Agt kwessies is reeds in die buurland afgehandel. Namibië het besluit om vrywillig ‘n vroeë verslag by die Taakmag in te dien vir sy vergadering in Oktober vanjaar. Deur vroeër as […]
Namibië het nog nie kunsmisverbruikteiken behaal nie - September 18, 2024
Kunsmispryse het uiteindelik gestabiliseer, ná ‘n reeks stygings sedert 2022. Dit is volgens First Capital se jongste Food Price Monitor-verslag. Hierdie tendens is positief vir die landbousektor. Namibië het egter nog nie die 50kg per hektaar kunsmisverbruikteiken bereik wat deur die Abuja-verklaring in Mei vanjaar by die Afrika-kunsmis- en grondgesondheidsberaad in Kenia gestel is nie. […]
Ghislaine se appèl misluk - September 18, 2024
ʼn Amerikaanse hof het die gewese Britse sosiale vlinder, Ghislaine Maxwell, se appèl teen haar skuldigbevinding aan sekshandel verwerp. Die 62-jarige Maxwell is in Desember 2021 daaraan skuldig bevind dat sy die omstrede finansier, Jeffery Epstein, gehelp het om tienermeisies seksueel te misbruik. Sy is in Junie 2022 tot 20 jaar tronkstraf gevonnis. Drie regters […]
Nanso het kommer oor eksamengereedheid – veral skool toestande - September 18, 2024
Die nasionale uitvoerende komitee van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het verlede maand hul Eksamengereedheidsveldtog in die Otjozondjupa-streek van stapel gestuur. Dit was die begin van ‘n inisiatief om die gereedheid van skole regoor die land te evalueer. Nanso het ná ‘n besoek aan sommige noordelike streke berig dat dissipline ‘n kwessie is en dat […]
Vertroue in landbou herstel in SA - September 18, 2024
Die Landboubesigheid-vertroue-aanwyser het in die derde kwartaal van 2024 tot 48 herstel, ʼn verbetering van die 15-jaar laagtepunt in die tweede kwartaal. Die styging is weens verminderde politieke onsekerheid en ʼn verskuiwing terug na landboukwessies. Ten spyte daarvan bly dit onder 50 punte met uitdagings soos droogte, vraagstukke oor infrastruktuur en siektes wat voortduur. Daar […]