EU het groot planne by COP29 - October 16, 2024

Die Europese Kommissie sê hy het ambisieuse onderhandelingsmandate verseker vir volgende maand se COP29-klimaatskonferensie in Riaad, Saoedi-Arabië. Die konferensie gee wêreldleiers toegang tot wêreldwye pogings om die Parys-ooreenkoms te bevorder en aardverwarming tot 1,5-grade Celsius te beperk. Die kommissie sê die verwoestende uitwerking van die klimaatskrisis was nog nooit meer sigbaar nie en wêreld se […]

Read More

Maldives: President dank 225 mense af - October 16, 2024

Die president van die Maldives het meer as 225 mense in politieke aanstellings, insluitend ministers, afgedank in ‘n poging om die uitgawes van die land met sy half-miljoen inwoners te verminder. Mohamed Muizzu het die mense wat hy aangestel het nadat hy verlede jaar aan bewind gekom het, weer laat verwyder, aangesien die klein maar […]

Read More

Supermaan kan see onstuimig, gevaarlik maak - October 16, 2024

Die Nasionale Seereddingsinstituut in Suid-Afrika maan mense om versigtig te wees wanneer die volmaan-springgety môre ‘n hoogtepunt bereik. Dit sal in alle waarskynlikheid ook plaaslik van toepassing wees. Die NSRI sê die gety-toestande kan lei tot sterk seestrome en hoë deinings wat ‘n gevaar inhou vir strandgangers en watersport-geesdriftiges. Woordvoerder Craig Lambinon raai mense aan […]

Read More

Dis repokoers vandag, nuus is dalk goed - October 16, 2024

Die Bank van Namibië sal vandag die repokoers bekend maak. Dit kom na die koers met 25 basispunte in Augustus na 7,5 persent verlaag is. Ekonome meen die sentrale bank sal die koers verder sny, met 25 basispunte, 7,25 persent. Inflasie het gedaal en die koers sal toelaat dat dit stabiliseer tussen 3 en 6 […]

Read More

Psigiatriese waarneming vir klipgooier van Nujoma-voertuig - October 16, 2024

Die man wat arbeidsminister Utoni Nujoma se luukse voertuig met klippe bestook het, is voorheen psigiatries behandel. Landdros Mutafela Likando het sy mediese rekords ontvang en die 18-jarige Frans Narib is vir psigose na dagga-gebruik behandel. Hy is in Julie van sy medikasie afgehaal. Narib het Sondagmiddag die Mercedes Benz beskadig toe dit in Frans […]

Read More

Ernstige bewerings teen Vrystaatse premier - October 16, 2024

Die DA het ‘n beëdigde verklaring by die Valke ingedien waarin ernstige bewerings van korrupsie teen die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoa-Mathae, uiteengesit word. Die party se provinsiale leier, Roy Jankielsohn, het onthul dat WhatsApp-boodskappe van New Beginnings se uitvoerende hoof, Patrick Phuti, die premier, haar man en ander amptenare betrek. Hy sê dit handel onder […]

Read More

Nog beserings teister All Blacks - October 16, 2024

Die All Blacks moes weens beserings drie veranderings aanbring aan hulle groep vir die seisoen-einde toer, waar hulle te staan kom teen Japan, Engeland, Ierland, Frankryk en Italië. Die losvoorspelers Ethan Blackadder, Luke Jacobson en Dalton Papali’I is almal beseer. Die nuwelingflank Peter Lakai en die Waikato Chiefs-slot Josh Lord is gevoeg by die groep […]

Read More

Trump en sy uiteenlopende kommentaar oor sy gesondheid…  - October 16, 2024

Mediese rekords het weer ‘n ding geword in die Amerikaanse verkiesing. Die 59-jarige Demokratiese kandidaat Kamala Harris het oor die naweek haar rekords bekend gemaak maar, die 78-jarige Republikein Donald Trump weier. Hy het verskeie male uiteenlopende goed daaroor gesê insluitend hy het reeds sy mediese rekords verskaf. Ook, hy dink Harris se seisoenale allergieë […]

Read More

Kanse van La Nina verswak, sê Aussies  - October 16, 2024

Die waarskynlikheid van ‘n La Nina-verskynsel in die komende maande het afgeneem volgens Australië se weerburo. Die diens voeg by dat as die verskynsel wel sou voorkom, dit swak en van korte duur sou wees. Die ontwikkeling van La Nina en sy teenoorgestelde, El Nino, is van groot belang vir wêreldwye landbou, met La Nina […]

Read More

Gauteng: 47 leerders behandel vir voedselvergiftiging  - October 16, 2024

Sewe-en-veertig leerders van die Rapelego-laerksool in Hammanskraal het Maandag mediese behandeling ontvang vir moontlike voedselvergiftiging. Die meeste van die graad vyf-leerders is ontslaan met slegs vier wat steeds in die hospitaal is. Die Gautengse Gesondheidsdepartement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die leerders het na bewering sjokolade met ‘n vervaldatum van Junie 2024 by ‘n ander leerder […]

Read More