SA Rugby kondig benoemings aan vir toekennings
Rugby: Wêreldrugby se Mans Vyftiens Speler van die Jaar, die Springbok-flank Pieter-Steph du Toit, is saam met sy nasionale spanmaats Damian de Allende, Eben Etzebeth, Cheslin Kolbe en Os Nché die benoemdes vir SA Rugby se Mansspeler van die Jaar vir die afgelope seisoen. Sacha Feinberg-Mngomezulu, Cameron Hanekom, Jordan Hendrikse, Quan Horn en Henco van […]
Politieke weerhaan Nauyoma besing Swapo
Een van die stigters van die Affirmative Repositioning-beweging, Dimbulukeni Nauyoma, wat na Swapo teruggekeer het, het onlangs ‘n onderhoud met Henock TV gehad. Nauyoma is in 2022 tydens die NEFF se China Town-betogings gearresteer en het ook die onafhanklike presidensiële kandidaat, Ally Angula, gesteun. Die onderhoudvoerder het hom gevra of Swapo in hul 34 jaar […]
Bly kalm oor Duitse masels: SA gesondheidsdepartement
Die Gesondheidsdepartement in Suid-Afrika het mense gevra om kalm te bly na ‘n toename in gevalle van Duitse masels. Meer as 10 000 gevalle is vanjaar aangemeld, meestal by kinders onder 15. Gauteng en die Wes-Kaap het die meeste gevalle aangeteken. Ouers moet op die uitkyk wees vir simptome soos ‘n uitslag, koors en geswelde […]
Langtermyn lugbesoedeling lei na hospitaalopnames
‘n Studie waarvan die bevindings in die vaktydskrif BMJ Open gepubliseer is, wys op ‘n verband tussen langtermyn blootstelling aan lugbesoedeling en meer opnames in hospitale vir fisiese sowel as gedragskwessies. Die studie het data ontleed van 202-duisend-237 mense in Skotland. Dit toon dat hoër blootstelling aan besoedelaars soos stikstofdioksied verbind word met hoër vlakke […]
Stormers pak Leeus met vyf terugkerende Springbokke
Rugby: Die Springbok-haker Deon Fourie keer na ʼn besering terug om die Stormers aan te voer in môre se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd teen die Leeus in Kaapstad. Die Bokslot Salmaan Moerat speel in sy 50ste wedstryd. Drie ander Bokke, Manie Libbok, Sacha Feinberg-Mngomezulu en Ben-Jason Dixon, keer na harsingskudding terug om hulle plek in die opdrafspan […]
Ghana se anti-LGBT-wetgewings skrik nie Namibiërs af
Ghana se hooggeregshof het twee sake wat die grondwetlikheid van die land se drakoniese wetgewing oor LGBT-kwessies uitgedaag het, van die hand gewys. Die president kan nou een van Afrika se mees beperkende anti-LGBT-wetgewings bekragtig, waarvolgens mense wat as LGBT identifiseer drie jaar tronkstraf kan kry. Vyf jaar kan opgelê word vir die vorming of […]
Nedbank vlugbaltoernooi vir eerste keer op Swakopmund
Die jaarlikse Nedbank vlugbaltoernooi vind môre vir die eerste keer by die Mole in Swakopmund plaas. Tradisioneel is dit in die noordelike dele aangebied, maar daar is besluit om dit na die kus te verskuif omdat meeste mense daar vakansie hou. Tussen 12 en 24 spanne sal aan die ses-aan-‘n-kant toernooi deelneem, terwyl daar in […]
Groenwaterstof-inisiatief bereik mylpale
Die regering het die verkryging van ‘n 24 persent-aandeel in Hyphen Hydrogen Energy, ‘n Namibiese groenwaterstof-ontwikkeling maatskappy, voltooi. Die belegging, gefasiliteer deur die SDG Namibia One Fund, het ten doel om 1 miljard Amerikaanse dollar in te samel om Namibië se groeiende groenwaterstofsektor en sy infrastruktuur te ondersteun. Groenwaterstof-kommissaris James Mnyupe het in ‘n onderhoud […]
Ses groot hommeltuie het Hardap-streek op hol
Berigte het na vore gekom dat ses groot hommeltuie omstreeks drie-uur Donderdagmiddag oor plase suid van Aranos in die Hardap-streek gevlieg het. Die doel van hierdie hommeltuie en hul eienaarskap is onbekend, wat kommer onder plaaslike boere laat ontstaan. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met adjunk-kommissaris Johannes Mwatongwe van die Hardap-streek se streeks-misdaadondersoekafdeling, wat bevestig […]
Eerste vlugte na Benguela-provinsie ontsluit nuwe bestemmings
Die eerste FlyAngola vlug vanaf Catumbela in die Benguela-provinsie na Windhoek sal môre opstyg, wat toerisme in beide lande ‘n hupstoot sal gee. Die Benguela-provinsie is bekend vir sy natuurskoon en warmwater strande. Die roete sal ook in Luanda land wat nog ‘n opsie vir reisigers bied. Reaksie is ontvang van plaaslike toergids Joseph Kafunda, […]