Vrae na Swiatek van Chinese Ope en WTA 500 onttrek - September 21, 2024

Verdedigende kampioen, Iga Swiatek, het om persoonlike redes van die Chinese Ope onttrek. Die Poolse wêreld nommer een en verdedigende kampioen het besluit om nie in Beijing te speel nie. Die 23-jarige het ook aan vandeesweek se WTA 500 in Seoel onttrek. Swiatek het voorheen kritiek uitgespreek oor die duur van vanjaar se WTA-toerskedule en […]

Read More

Kunene-bewareas kla by media-ombud oor berigte - September 21, 2024

Die Vereniging van Suidelike Kunene-bewareas het ‘n klag by die Namibiese media-ombud ingedien. Die drie bewaringsgebiede sê berigte in die Engelse dagblad Namibian Sun, dat die hofgeding tussen hulle en Ultimate Safaris teen twee mynlisensies in die gebied, hulle eenvoudig wil verarm, is verkeerd. Hulle versoek ‘n vinnige verduideliking en eis dat ‘n korreksie gemaak […]

Read More

Lomas kom weer volgende week voor, ondersoek behels 11 ander - September 21, 2024

Die Landdroshof in Kemptonpark het die korrupsiesaak teen die voormalige Eskom-kontrakteur, Michael Lomas, tot 27 September uitgestel. Lomas staar 65 aanklagte in die gesig wat verband hou met 1,4 miljard Suid-Afrikaanse rand. Dit was geoormerk vir die opgradering van Eskom se Kusile-kragstasie. Sy uitlewering vanuit die Verenigde Koninkryk het gevolg ná verskeie mislukte appèlle daarteen. […]

Read More

Oekraïne verbied Telegram op amptelike toestelle - September 21, 2024

Die Oekraïne het die gebruik van die Telegram-boodskaptoepassing op amptelike toestelle wat deur staatsamptenare, militêre personeel en kritieke werkers gebruik word, verbied. Dit kom na kommer oor spioenasie deur Rusland. Die land se Nasionale Veiligheids- en Verdedigingsraad het die beperkings aangekondig nadat nadat hy bewyse van spioenasie gevind het. Die verbod is net van krag […]

Read More

Leeus en Haaie speel in Curriebeker eindstryd vandag - September 21, 2024

Die Curriebekertoernooi sal vandag in Johannesburg ‘n opwindende einde bereik wanneer die Leeus en die Haaie mekaar die eerste sedert 2011 in die eindstryd pak. Die Hoëvelders gaan probeer om die gesogte trofee vir die eerste keer sedert 2015 in te palm. Dit is ook die eerste keer sedert 2021 dat die Durbaniete weer in […]

Read More

Swartbooi stap uit by presidensiële debat - September 21, 2024

Die leier van die LPM-party Bernadus Swartbooi, het Vrydagaand tydens ’n presidensiële debat in die hoofstad van die verhoog gestap. Die debat is deur die Konrad Adenauer-stigting geborg wat Swartbooi meen is buitelandse inmenging in plaaslike sake van nasionale belang. Eagle FM het die geleentheid gereël en dit op video vasgevang.

Read More

Vaaldam se vlakke wek kommer - September 21, 2024

Terwyl Namibiese damvlakke uiters swak vertoon, wil dit voorkom asof Suid-AFrika ook sukkel. Daar is ‘n beduidende afname in watervlakke by die Vaaldam, wat tans op 43-persent is vergeleke met 83,1-persent verlede jaar. Die waterdepartement sê hierdie daling hou ‘n potensiële waterkrisis in, met die Geïntegreerde Vaalrivierstelsel wat ook tot 76,6-persent gedaal het. Die departement […]

Read More

Hezbollah se Aqil was ook in VSA gesoek - September 21, 2024

Meer inligting is bekend oor die dood van die Hezbollah-leier Ibrahim Aqil na ‘n Israeliese aanval op Beiroet, waarin 14 dood is en talle gewond is. Die teiken was ‘n gebou in ‘n voorstad, met berigte wat sê tien lede van Hezbollah se Radwan spesiale magte-eenheid het ook gesterf. Die aanval het gevolg nadat Hezbollah […]

Read More

Afghanistan vat eerste eendagreeks teen Proteas - September 21, 2024

Die Proteas het weer hulle Moses teëgekom teen Afghanistan in ‘n eendagwedstryd in Sharjah, toe hulle met 177 lopies verloor het. Die Suid-Afrikaners het Woensdag met ses paaltjies verloor, en dus die reeks van drie wedstryde ook. In Vrydag se wedstryd het Rahmanullah Gurbaz ‘n puik honderdtal gemoker, voor die draaier Rashid Khan sy 26ste […]

Read More

WFP gesels oor plaaslike bystand met voedseltekorte - September 21, 2024

Die hele Suidelike Afrika se voedselsekerheid is hard geslaan deur die droogte, en in Namibië is meer as 1,2 miljoen mense in nood weens ‘n gebrek aan kos. Daar word verwag dat die aantal mense wat hulp benodig sal toeneem later in die jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tiwonge Nachiwenyika, die waarnemende streeksdirekteur […]

Read More