Swapo sal besluit oor lot van 5 lede van hofsaak - October 14, 2024

Die hooggeregshof het die aansoek wat deur Reinhold Shipwikineni en vier ander teen Swapo ingedien is, van die hand gewys en beslis dat die saak nie behoorlik saamgestel is nie. Shipwikineni en die ander applikante het versoek dat die hof Swapo verplig om ‘n buitengewone kongres te hou, soos vereis deur die party se grondwet, […]

Read More

Okahandja-inwoners gaan vergader oor Redforce - October 14, 2024

Redforce blyk nog steeds ‘n probleem te wees in verskeie dorpe. Onlangs was die Walvisbaai inwoners in rep en roer oor Redforce se teenwoordigheid in die kusdorp wat gelei het tot die kansellasie van Redforce se kontrak. Daarna het die howe in Redforce se guns beslis en is die skuldinvorderaar weer operasioneel in Walvisbaai. Kosmos […]

Read More

SA ekonomie kan 3,5% groei weens geen beurtkrag - October 14, 2024

Die minister van Energie en Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê ononderbroke kragtoevoer kan die Suid-Afrikaanse ekonomie in die volgende 18- tot 24-maande met 3,5-persent laat groei. Hy sê die Buro vir Ekonomiese Navorsing aan die Universiteit Stellenbosch het dit bevestig. Ramokgopa sê die afgelope drie jaar het ‘n gesamentlike strategie deur die Presidensie en die Nasionale […]

Read More

Aktiviste verkoop ‘afskeidstoer’-goedere voor Charles se besoek - October 14, 2024

Die Australiese Republikeinse Beweging se veldtog oor koning Charles se komende besoek word as ʼn “afskeidstoer” van die Britse monargie bestempel. Dit sluit in handelsware om ʼn debat te ontlok oor die rol van die kroon in moderne Australië. Die toer van Vrydag tot volgende Dinsdag is die eerste koninklike besoek in langer as ‘n […]

Read More

Leeus derde op VRK-punteleer, Bulle vierde - October 14, 2024

Rugby: Die Leeus het van die sesde tot die derde plek opgeskuif op die punteleer van die Verenigde Rugbykampioenskap met hulle derde oorwinning van die seisoen gister in Wallis. Die Johannesburgse span het die Dragons op Rodney Parade 23-19 geklop en is nou net agter Leinster en Glasgow Warriors wat albei een wedstryd meer gespeel […]

Read More

Regsman skiet Walvis burgemeester se reise af - October 14, 2024

Reaksie is ontvang op die herrie wat ontketen is by die Walvisbaai-munisipaliteit. Burgemeester Trevino Forbes het sy buitelandse reise verdedig en gesê dit is tot voordeel van inwoners en nie vir persoonlike gewin nie. Dit kom nadat sommige raadslede ontevrede was oor Forbes wat sonder hul insette na ‘n burgemeestersvergadering in Ethiopië gereis het. Forbes […]

Read More

Johannesburgse man ‘in Israelse skerpskutter-eenheid in Gaza’ - October 14, 2024

‘n Twee-en-twintigjarige man van Johannesburg is uitgeken as ‘n lid van ‘n elite skerpskuttereenheid in die Israelse Weermag. Volgens News24 dui ‘n dokumentêr deur die Palestynse joernalis Younis Tirawi aan dat Aaron Bayhack na bewering betrokke was by die eenheid se operasies in Gaza waarin volgens berigte meer as 100 mense dood is, wat burgerlikes […]

Read More

Eerste M-pokke gevalle in Zimbabwe - October 14, 2024

Zimbabwe het sy eerste twee gevalle van M-pokke aangemeld. Die minister van Gesondheid, Douglas Mombeshora, sê ’n 11-jarige seun het in Harare siek geword nadat hy Suid-Afrika besoek het, terwyl ’n 24-jarige man van Mberengwa simptome ontwikkel het nadat hy in Tanzanië gereis het. Albei pasiënte is in afsondering terwyl kontak ondersoek word. Die minister […]

Read More

Aussies kondig eendag-groep aan teen Pakistan - October 14, 2024

Krieket: Australië het hulle groep van 14 lede aangekondig vir die eendagreeks teen Pakistan, geskeduleer van die vierde tot die tiende van volgende maand. Mitchell Marsh en Travis Head is nie ingesluit nie omdat beide op vaderskapverlof is, terwyl Cameron Green herstel na ‘n rugoperasie. Pat Cummins keer terug as kaptein nadat hy die onlangse […]

Read More

Toestroming van Angolese kniehalter Omusati - October 14, 2024

Die toenemende toestroming van immigrante uit Angola na die Omusati-streek wek groot kommer. Terwyl baie Angolese voedseltekorte en ekonomiese ontberinge vlug, worstel die streeksinwoners met dieselfde uitdagings. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur Erginus Endjala gepraat. Hy sê beheer van die situasie is uiters moeilik en daar is erge druk op hulpbronne.

Read More