
Israel sê Hezbollah se hoof van missielstelsels gedood - September 24, 2024
Israel sê dat Ibrahim Qubaisi, die hoof van Hezbollah se missielstelsels, dood is in ‘n geteikende aanval op Beiroet. Die Israelse Weermag sê in ‘n verklaring ‘n lugaanval deur Israeliese vegvliegtuie is in die voorstad Dahiyeh uitgevoer. Die mag beweer dat hulle in die laaste 24 uur byna 2 000 bomme en missiele op 1 […]
Min rus vir Haaie na Curriebeker-oorwinning - September 24, 2024
In rugbynuus het die stof na sy triomfantelike Curriebeker-veldtog nog nie behoorlik gaan lê nie, en die Haaie moes reeds die fokus verskuif na die Verenigde Rugbykampioenskap wat hierdie naweek vir Suid-Afrikaanse spanne afskop. Die Durbanse span het gister vertrek om Saterdag met hulle veldtog teen Connacht in Ierland te begin, voor hulle na Wallis […]
‘Vroue sonder geld’ word gewerf as dwelm-muile - September 24, 2024
Dit gons steeds oor die 30-jarige Namibiese vrou wat Sondag in Johannesburg aangekeer is met kokaïen in haar maag. Sy het 68 pakkies, sowat 850 gram, teen Maandagaand uitgeskei. Sy het glo met haar Nigeriese minnaar na Brasilië gereis en hy het haar blykbaar oortuig om die dwelms te smokkel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels […]
Verduidelik SA weermag se uitgawes, vra DA - September 24, 2024
Die DA vra die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, om die uitgawes van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag aan luukse items te regverdig te midde van groeiende kommer oor sy prioriteite. Die party het sy besorgdheid uitgespreek oor die SANW se deelname aan ʼn duur musiekfees in Rusland wat belastingbetalers 15-miljoen-Suid-Afrikaanse rand uit […]
China onthul ekonomiese maatreëls, aandeelpryse styg - September 24, 2024
China se sentrale bank het ‘n groot pakket van maatreëls onthul wat daarop gemik is om die land se ekonomie te laat herleef. Pan Gongsheng, goewerneur van die People’s Bank of China, het planne aangekondig om leenkoste te verlaag en banke toe te laat om hul lenings te verhoog. Dit kom nadat ‘n reeks teleurstellende […]
Ierland weer boaan Wêreld Rugby-ranglys - September 24, 2024
Rugby: Ierland is weer boaan die ranglys van Wêreld Rugby na Suid-Afrika se nederlaag die naweek teen Argentinië. Die Springbokke is in die voorlaaste ronde van die Rugbykampioenskap met 29-28 deur die Pumas verslaan. Die nederlaag het die agtereenvolgende wêreldkampioene 1,81 ranglyspunte gekos en hulle is nou met 0,35 punte agter Andy Farrell se span. […]
Gobabis skou bied iets vir almal! - September 24, 2024
Die Gobabis-skou, wat van Donderdag tot Saterdag plaasvind, stel die blywende krag van die Omaheke-streek se landbousektor ten toon. Met verloop van tyd het dit ontwikkel tot ‘n platform nie net vir boere nie, maar ook vir diverse bedrywe, wat besprekings oor nuwe boerderytegnieke en -inisiatiewe bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Richard Peens, […]
Rooilyn-verskuiwing is hoog tyd: Ohangwena goewerneur - September 24, 2024
Die kabinet se goedkeuring van die geleidelike opheffing van die veeartsenykundige kordonheining, of rooilyn, lok steeds reaksie uit. Meeste is versigtig optimisties, mits die ingrypende stap deeglik ondersoek en beplan word. Indien nie, kan dit die land se belangrike beesvleis-uitvoere geweldig knou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die goewerneur van die Ohangwena-streek, Sebastian Ndeitunga, […]
Verkiesingsdekking steeds reaktief, sê Media-ombudsman - September 24, 2024
‘n Mediamoniteringsinisiatief gesentreer op die 2024 Nasionale Vergadering en presidensiële verkiesings is deur Namibië se Media-ombudsman begin. Hierdie inisiatief is ‘n noodsaaklike hulpbron om te evalueer hoe belangrike kwessies deur tradisionele en aanlyn media oor die verkiesingseisoen gedek word. Die tweede verslag is vrygestel, wat wys dat Swapo steeds die meeste beriggewing van regeringsmedia kry, […]
Dis hoekom ZiG nie aftrek kry nie, se Zimbabwiese ekonoom - September 24, 2024
Vyf maande gelede het Zimbabwe ‘n nuwe geldeenheid, die “ZiG,” ingestel met die hoop om dit teen 2026 te stabiliseer. Baie Zimbabwiërs verkies egter steeds om die Amerikaanse dollar bo die nuwe geldeenheid te gebruik. Die Zimbabwiese ekonoom, Eddie Cross, bespreek in ‘n onderhoud hoekom die Amerikaanse geldeenheid meer vertrou word. Jare van ekonomiese onstabiliteit […]