
Grenfell-ramp: Regering het misluk - September 5, 2024
Die Grenfell Tower-brand wat in 2017 die lewens van 72 mense in Londen geëis het, was die gevolg van dekades se mislukte optrede deur die Britse regering, bedrieglike maatskappye en ‘n gebrek aan strategie deur die brandweerdiens. Dit is een van die bevindings vervat in die finale verslag van die Grenfell Tower-ondersoek. Dit was Brittanje […]
Langste atleet by Spele kry uiteindelik ‘n bed - September 5, 2024
Die tweede langste man in die wêreld het uiteindelik ʼn geskikte bed in Parys gekry. Morteza Mehrzad staan 2,46-meter in sy sokkies en is ʼn lid van Iran se sittende vlugbalspan. Die organiseerders het twee verlengings vir sy bed voorsien maar dit was steeds te kort en hy moes op die vloer slaap. Hulle het […]
Maak ‘n nota vir die DBV se snuffelmark - September 5, 2024
Merk jou kalender vir ‘n fantastiese dag van inkopies en die ondersteuning van ‘n goeie doel by die Windhoek Dierebeskermingsvereniging se snuffelmark! Dit vind op 28 September plaas tussen nege-uur en een-uur en beloof ‘n dag vol pret, gevul met winskopies en gemeenskapsgees. Verken ‘n wye verskeidenheid tweedehandse skatte, van boeke en klere tot huishoudelike […]
Kenner sê oor omgewing en groenwaterstof, en olifant-oes - September 5, 2024
Die Namibiese Omgewingskamer is sterk gekant teen ‘n voorstel om groenwaterstof in die Tsau //Khaeb Nasionale Park te vervaardig, weens die beduidende omgewingsrisiko’s daaraan verbonde. Hulle voer aan dat enige waterstofproduksie wat biodiversiteit beskadig, as rooiwaterstof beskryf moet word. Rooiwaterstof word vervaardig met behulp van kernkrag. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Omgewingskamer se […]
NEFF hoor vandag oor deregistrasie-geveg - September 5, 2024
Uitspraak word vanoggend verwag in die Namibia Economic Freedom Fighters se dringende aansoek in die hoërhof teen sy deregistrasie. Regter Thomas Masuku sal na verwagting om half-nege sy beslissing gee. Die party poog om die deregistrasie deur die Namibiese Verkiesingskommissie op 17 Junie om te keer en so deel te neem aan die November-verkiesing. Die […]
Akkerbouers begin stelselmatig voorberei, hoop vir reën - September 5, 2024
Volgens die seisoenale reënvoorspelling vir 2024-2025 kan Namibië wisselende reënval in al die streke verwag in die komende somer. Die land het reeds ‘n moeilike landbouseisoen agter die rug, met langdurige droë periodes tydens kritieke gewas-ontwikkelingstadia. Akkerbouers begin nou voorberei en daar word gehoop dat La Niña die konsekwente en wydverspreide reënval sal bring wat […]
Brian May herstel van beroerte, kan weer tokkel - September 5, 2024
Sir Brian May het bekendgemaak hy het onlangs ʼn ligte beroerte gehad waarna hy beheer oor sy linkerarm verloor het. Die 77-jarige kitaarspeler van Queen het die nuus in ʼn video op sosiale media gedeel en ondersteuners verseker hy kan nou weer speel. Hy sê dit was aanvanklik verontrustend om nie jou linkerarm te kan […]
Nuwe uitbreiding vir hoofstad goedgekeur - September 5, 2024
Windhoek se Munisipale Raad het die ontwikkeling van Otjomuise Uitbreiding 12 goedgekeur, wat 146 erwe sal bevat. Die projek sal deur ‘n publieke-private vennootskap met Omba Holdings geïmplementeer word. Die Stad sê dit sal woongebiede, besighede, institusionele fasiliteite en funksionele openbare oop ruimtes insluit. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lydia Amutenya, die Stad Windhoek […]
Oud-weermaghoof, generaal Georg Meiring sterf - September 5, 2024
Generaal Georg Meiring, wat van 1983 tot 1987 die bevelvoerende generaal van die Suidwes-Afrika gebiedsmag was, is in die ouderdom van 85 dood. Hy het ‘n beduidende rol in die destydse grensoorlog gespeel. Sy familie het aangekondig dat hy Dinsdagaand in sy huis in Pretoria oorlede is. Besonderhede oor sy begrafnis en gedenkdiens sal later […]
Botswana stem einde Oktober - September 5, 2024
Die volgende algemene verkiesing in Botswana is die 30ste van volgende maand met president Mokgweetsi Masisi wat vir ’n tweede termyn verkiesbaar is. Masisi het die 30ste en 31ste Oktober tot openbare vakansiedae verklaar om te verseker alle landsburgers kan stem. Politieke partye moet hulle kandidate vir die presidentskap teen 28 September voorlê. Die Botswana […]