Al 21 politieke partye teken stembrief ontwerp af - October 25, 2024

Die Namibiese Verkiesingskommissie sê al die partye, ook die PDM, Republikeinse Party en die Christian Democratic Voice, wat nie afgevaardigdes na Johannesburg gestuur het nie, het wel die ontwerpte stembriewe afgeteken. Die kommissie sê dus, die stembriewe wat tans gedruk word, is deur al 21 partye wat aan die verkiesings deelneem, afgeteken. Op die oomblik […]

Read More

LA se aanklaer gaan aan hof beveel om Menendez-broers te hervonnis - October 25, 2024

Die Los Angeles-distriksaanklaer, George Gascón, sal aanbeveel dat Erik en Lyle Menendez weer deur ʼn regter gevonnis word, en dus op parool vrygelaat word. Die broers is meer as drie dekades gelede skuldig bevind aan die moord op hul ouers. Hulle dien ʼn lewenslange vonnis sonder moontlikheid van parool in Kalifornië uit. Gascón sê nuwe […]

Read More

Stad weerlê gerugte oor hospitaalgrond - October 25, 2024

Die herrie is los oor die nuwe distrikshospitaal in Windhoek wat in Mei vanjaar amptelik van stapel gestuur is. Stad Windhoek het die week ‘n kennisgewing vir besware geadverteer, waaronder die stuk grond, ter waarde van amper 19 miljoen dollar. Dit het talle aantygings veroorsaak maar, die Stad sê dit is ‘n standaard wetlike vereiste. […]

Read More

Persraad skop Independent Media uit - October 25, 2024

Die Persraad het Independent Media uitgeskop omdat hulle weier om aan beslissings te voldoen, insluitend die terugtrek van ‘n rubriek wat die joernalis, Karyn Maughan, met ‘n Nazi-propagandis vergelyk. Ten spyte van ‘n opdrag om verskoning te vra, het die groep aan die Raad onttrek. Voorsitter, regter Fritz Brand, sê die verset is onaanvaarbaar. Adjunkvoorsitter, […]

Read More

Trump sal Smith afdank, sou hy wen - October 25, 2024

Donald Trump het Donderdag gesê hy sal beveel dat die spesiale advokaat, Jack Smith, onmiddellik afgedank word indien hy as president herkies word. Dit was die duidelikste uitdrukking nog van sy voorneme om die twee kriminele sake teen hom stop te sit sou hy wen. Hy was in gesprek met die konserwatiewe potgooi-gasheer Hugh Hewitt. […]

Read More

Fury beloof uitklophou wanneer hy en Usyk weer baklei - October 25, 2024

Die Brit Tyson Fury is vol vertroue vir ‘n uitklop-oorwinning oor Oleksendr Usyk van Oekraïne in hulle herontmoeting in Saoedi-Arabië op 31 Desember. Fury het in Mei deur ‘n nie-eenparige beslissing teen Usyk verloor, maar mik nou daarna om die WBC-titel te herower. Hy het op ‘n nuuskonferensie gesê hy erken dit was ‘n regverdige […]

Read More

Verspreidingsnetwerk pooitjie energie-doelwitte - October 24, 2024

Die Elektrisiteitsbeheerraad se slimnetwerk-beleid van 2019 bepaal dat Namibië ten doel het om die gebruik van hernubare energie te verhoog om sy ontwikkelingsdoelwitte te bereik. Energieminister Tom Alweendo het gepraat oor die land se energiedoelwitte om visie 2030 te bereik by die 9de uitgawe van die Namibië Elektrisiteitsvoorsieningsbedryf-forum in Otjiwarongo. Die vergadering was gesentreer rondom […]

Read More

Numsa takel Denel oor werkers se lyding - October 24, 2024

Die metaalwerkersvakbond Numsa het ‘n plakkaatbetoging by Denel se kantore in Centurion, Gauteng, gehou omdat bestuur die afgelope vyf jaar al weier om salarisverhogings toe te staan. Die vakbond skryf dit toe aan die regering se poging om die wapenvervaardiger te privatiseer. Woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola beweer werkers is toenemend onder druk weens salaris-agteruitgang wat talle […]

Read More

Frelimo wen weer Mosambiek-verkiesing - October 24, 2024

Mosambiek se regerende party, Frelimo, het die land se verkiesing gewen, het die verkiesingskommissie aangekondig. Daniel Chapo sal president Filipe Nyusi vervang, wat twee termyne gedien het. Op 47 jaar oud sal Chapo, wat 71 persent van die stemme gekry het, die eerste president wees wat ná Mosambiek se onafhanklikheid in 1975 gebore is. Sy […]

Read More

Kolisi skuif na nommer 8 vir Haaie teen Munster - October 24, 2024

Rugby: Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, begin Saterdag in die nommer 8-trui vir die Haaie in die Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd teen Munster in Durban. Afrigter John Plumtree het hom van steelkantflank na agsteman verskuif in die plek van Phepsi Buthelezi, wat op die bank begin, met James Venter en Vincent Tshituka die flanke. In die agterlyn vervang […]

Read More