
A1 is klaar, word amptelik geopen - October 21, 2024
Die Paaie-owerheid sal die Windhoek-Okahandja-dubbelsnelweg formeel op 1 November by die Gross Barmen-wisselaar in Okahandja open. President Nangolo Mbumba sal ook teenwoordig wees by die bekendstelling van die multimiljard-dollar-padprojek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hilleni Fillemon, die owerheid se woordvoerder, wat meer inligting verskaf.
Jeremy Clarkson ondergaan hartprosedure - October 21, 2024
Jeremy Clarkson het onthul hy het ‘n hartprosedure ondergaan nadat sy gesondheid skielik agteruitgegaan het. Dit is nie die eerste gesondheidskok vir die voormalige Top Gear-ster nie – dokters het hom verlede jaar gewaarsku sy bloeddruk is te hoog. Die 64-jarige sê terwyl hy op vakansie geswem het, het dit al hoe moeiliker geword om […]
Vermeende pedofiel Maree se bekentenis-uitspraak vandag verwag - October 21, 2024
Die uitspraak in ‘n verhoor binne ‘n verhoor oor die toelaatbaarheid van ‘n bekentenis wat vermeende pedofiel Johann Maree ná sy arrestasie gemaak het, word vandag verwag. Maree beweer dat hy deur polisiebeamptes gedwing is om te bieg. Hy word daarvan aangekla dat hy talle jong seuns in Windhoek seksueel misbruik en pornografiese beelde van […]
Waterkrisis in Kavango Oos word aangespreek - October 21, 2024
Rundu ondervind ‘n waterkrisis, met huishoudings wat daagliks ure lank sonder water sit en skole wat kinders huis toe stuur weens watertekorte. Die Rundu-dorpsraad skryf die probleem toe aan verouderde waterinfrastruktuur wat nie die dorp se groeiende bevolking kan ondersteun nie, vererger deur finansiële beperkings. Stadige instandhouding van septiese tenks by skole en inwoners wat […]
Opposisieleiers in Mosambiek doodgeskiet - October 21, 2024
Gewapende mans het ‘n Mosambiekse opposisie-advokaat en ‘n party-amptenaar oor die naweek doodgeskiet terwyl spanning toeneem met verkiesingsuitslae wat die week verwag word. Die nuwe opposisieparty Podemos en sy presidensiële aspirant Venancio Mondlane verwerp reeds voorlopige uitslae wat ‘n waarskynlike oorwinning toon vir Frelimo. Die Mosambiekse More Integrity-organisasie sê die aanval het in die Bairro […]
Leclerc vat Amerikaanse Grand Prix - October 21, 2024
Charles Leclerc het die Amerikaanse Grand Prix gewen en spanmaat Carlos Sainz gelei na ʼn dominante een-twee vir Ferrari. McLaren-renjaer Lando Norris het die derde plek afgestaan aan sy teenstander Max Verstappen van Red Bull nadat hy met vyf sekondes gestraf is omdat hy buite die baanbeperking verbygesteek het. Norris was vierde en sy spanmaat […]
Stembrief-tender bly in die nuus - October 20, 2024
Die bohaai oor Ren-Form se verkryging van die stembrieftender kring steeds uit. Verskeie politieke partye het kommer oor die omstrede maatskappy, en die deursigtigheid van die verkrygingsproses. Die Verkiesingskommissie ontken ten sterkste dat die toekenning van die tender korrup was. Dit het ook alle politieke partye genooi om die produksie, verpakking en vervoer van stembriewe […]
Brent daal (steeds) as gevolg van Chinese-data - October 20, 2024
Brent ru-olie het die week se handel meer as 7 persent laer afgesluit op net minder as 73 Amerikaanse dollar ‘n vat. Ontleders meen dat Chinese data die groot aandrywer van die terugsakking is met die wêreld se voorste olie-invoerder wat weer ‘n verstadiging in groei in die derde kwartaal aangeteken het. China se raffinadery-uitset […]
Nog geweld kom na 6 Jan-gebeure – VSA regters - October 20, 2024
Amerikaanse regters wat oproeriges gestraf het vir die onluste van 6 Januarie 2021 vrees die land kan met nog politieke geweld te doen kry. Hulle sê Donald Trump versprei dieselfde soort samesweringsteorieë en die politieke klimaat is reg vir nog ‘n aanval soos die een waarin meer as 100 polisiebeamptes beseer is. Trump ontken steeds […]
Bom van WWI-oorlog ontwrig kerktee - October 20, 2024
Koffie-oggend by ʼn kerk is na ʼn bomalarm blitsig beëindig nadat ʼn gemeentelid ʼn lewende ploftoestel na die geleentheid gebring het. ʼn Oorlogsgeskiedenis-entoesias het drie bomdoppe wat uit WWI dateer na die St Paul-kerk in Withington, Manchester gebring om aan ʼn ander entoesias te wys. Die polisie van Groter Manchester is ontbied nadat die verdagte […]