
BRICS moet Afrika-groei bevorder - October 21, 2024
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is gereed om sy kant te bring om BRICS se ekonomiese potensiaal te ontwikkel. Dié nege lande, Brasilië, Rusland, Indië, China, Suid-Afrika, Egipte, Ethiopië, Iran en die Verenigde Arabiese Emirate maak 27-persent uit van die wêreldwye groei van binnelandse produk en ʼn vyfde van die wêreld se uitvoere. Ramaphosa het […]
Liverpool weer bo-aan punteleer - October 21, 2024
Liverpool is terug bo-aan die punteleer van die Premierliga na ‘n 2-1-oorwinning oor Chelsea op Anfield. Mohamed Salah se strafdoel en Curtis Jones se wenner het dit tien oorwinnings in elf wedstryde vir die Reds gemaak sedert Arne Slot in beheer is. Die sege plaas Liverpool een punt voor die heersende kampioene Manchester City en […]
Dagga, ivoor onder beslagleggings die naweek - October 21, 2024
Die Namibiese polisie het in die vroeë oggendure van Saterdag by die padblokkade tussen Windhoek en Okahandja groot sukses behaal toe amper 5 kilogram dagga gevind is. Drie mans, 22, 24, en 43 jaar oud is agter tralies toe 247 500 Namibiese dollar se skunk-dagga in ‘n voertuig gevind is. ‘n Ondersoek is gelas maar […]
SA-onderwys gereed vir matriek-eksamen - October 21, 2024
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê haar departement is gereed vir die 2024 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen. Die matriekeksamen begin vandag met 882 336 kandidate van reg oor Suid-Afrika. ‘n Verdere 16 400 leerders van privaat skole en instansies sal die Onafhanklike Eksamenraad-eksamen aflê. Gwarube sê die eindeksamen is verteenwoordigend van ‘n gesamentlike poging […]
Israel sê Hamas oordryf sterfgevalle in Gaza - October 21, 2024
Minstens 87 mense, insluitend kinders, is dood en meer as 40 beseer in ‘n Israelse lugaanval op Beit Lahia in die noorde van Gaza. Die Israelse Weermag beskryf dit as ‘n presisie-aanval teen ‘n Hamas-teiken. Israel beskuldig Hamas-owerhede daarvan dat hulle oordrewe slagoffersyfers bekendmaak. Die lugaanval volg nadat die Israelse weermag weer sy bedrywighede in […]
Motocross sluit af vir die jaar - October 21, 2024
Die agtste en laaste been van die nasionale motocross kamioenskappe is met groot sukses die naweek op die Gallina-baan net noord van die hoofstad aangebied. Daar was 41 inskrywings in nege klasse. Francois Lottering het meer.
Backyard Ultra: Ross voltooi 26 loepe, wen kampioenskap - October 21, 2024
Andre Ross sal Namibië vir die eerste keer in die VSA verteenwoordig in die internasionale Backyard Ultra Kampioenskap na hy die naweek by Gecko Ridge Lodge net buite Swakopmund 26 loepe van 6,7 kilometer elk voltooi het. ‘n Totaal van 15 ultra-atlete het deelgeneem en 26 uur later was net Ross oor. Saam met Erich […]
Ontleder sê oor toenemende spanning, polarisering in wêreld - October 21, 2024
Spanning bou op in die wêreld met Chinese president Xi Jinping wat sy weermag opdrag gegee het om voor te berei vir oorlog, die toenemende konflik in die Midde-Ooste, spanning tussen Rusland en die Weste en meer. Suider-Afrika se ideologie is uiteenlopend en word voorop gestel bo ekonomiese bepalings. Kosmos 94.1 Nuus het met die […]
18 uit 21 partye sluit by ECN in Johannesburg aan - October 21, 2024
‘n Afvaardiging van die Namibiese Verkiesingskommissie en 18 politieke partye het vertrek vir Johannesburg om die druk en verpakking van stembriewe vir die plaaslike verkiesings waar te neem. Die proses het ‘n herrie ontketen met die maatskappy Ren-Form wat betrek is by korrupsie van miljoene dollar in Zimbabwe. Die Christian Democratic Voice, die PDM en […]
Betaal eers jou werkers, dan eis jy by NamRA, volgende jaar - October 21, 2024
Daar is verwarring oor die belastingverligting wat in Oktober in die staatskoerant gepubliseer is. Die finansminister Ipumbu Shiimi het werkgewers opdrag gegee om eers werkers terug te betaal en indien die belasting oorbetaal is, dit dan by NamRA te eis. Die agentskap se kommissaris, Sam Shivute, sê hy kan eers aan die einde van die […]