
Net 3 uit 21 behuisingsprojekte toon vordering - October 8, 2024
The Brief berig die regering se massabehuising ontwikkelingsprogram regoor Namibië staar groot vertragings in die gesig, met slegs drie uit 21 projekterreine wat enige vordering toon, alhoewel dit ook nog onvoltooid is. Tydens sy besoek aan die nuut geïnisieerde Otjomuise Uitbreiding 10, het die lynminister Erastus Uutoni gesê dat die projek tans 362 onvoltooide eenhede […]
Betogings by Afrika-olieweek - October 8, 2024
Omgewingsregte-aktiviste, insluitende die Extinction Rebellion en Green Connection, sal vandag teen oliemaatskappye betoog by die Afrika-olieweek in Kaapstad. Hulle voer aan oliemaatskappye buit Afrika se hulpbronne vir eie gewin uit. Woordvoerder van Green Connection, Liz McDaid, versoek Afrikaleiers om weg te beweeg van fossielbrandstowwe en om te belê in hernubare energiebronne:
Israel mag verdedig maar dit maak saak hoe – Harris - October 8, 2024
Amerika se visepresident Kamala Harris het herhaal dat Israel die reg het om homself te verdedig, maar volgens haar maak dit saak hoe hy dit doen. Tydens die Hamas-aanval op Israel op sewe Oktober verlede jaar is 1 200 mense vermoor wat 46 Amerikaanse burgers insluit. Sowat 250 is gyselaar geneem. In Israel se wraakaanvalle […]
Rune, Fritz en Dimitrov wen maar Wawrinka is uitgeskakel by Sjanghai Meesters - October 8, 2024
Holger Rune van Denemarke het die Italianer, Matteo Berrettini, met 4-6, 6-4, 6-3 verslaan om die Sjanghai Meesters se derde ronde te haal. Die wedstryd sou verlede Saterdag plaasvind, maar is weens aanhoudende reën by die Qizhong Forest Sports City Arena uitgestel. Nog ʼn Italianer, Flavio Cobolli, het Stan Wawrinka van Switserland met 6-7, 7-6, […]
Onthemingskrisis ontvou in Libanon - October 8, 2024
Die Verenigde Nasies se Kantoor vir Gekoördineerde Humanitêre Sake waarsku die Israelse weermag se voortgesette militêre optrede en gedwonge ontruiming in Libanon veroorsaak ontheming. Die internasionale organisasie vir migrasie sê sedert drie Oktober is 541 527 mense in Libanon intern verplaas. Meer as 163 000 mense woon in sowat 890 skuilings. Intussen het 284 894 […]
SA se Kira wat wêredtitel in kanovaart verower - October 8, 2024
Die Suid-Afrikaanse roei-ster, Kira Bester, het die algehele Wêreldtitel verower by die Wêreldkampioenskap vir Oseaanwedvaart vir Kano’s in Madeira, Portugal. Die 22-jarige het die wedvaart van 21 kilometer in net minder as twee uur afgelê en mede-Suid-Afrikaner, Michelle Burn, met 22 sekondes verslaan. Ana Swetish van Amerika was derde. Bester beskryf haar oorwinning as ʼn […]
Ministerie sleep sy voete met stadion-opknapping - October 8, 2024
Die sportministerie is steeds besig met nog ‘n ronde van konsultasies vir die opknapping van die Onafhanklikheidstadion in die hoofstad. Die kontrakteur moes reeds in April vanjaar met werk begin het. Die Tender Bulletin berig dat die opknapping eers 200 miljoen Namibiese dollar sou kos maar die kostes is opgestoot na ‘n miljard dollar. Die […]
Aansoeke vir Noorweegse kwotas sluit 11 Oktober - October 8, 2024
Die Lewendehawe en Lewendehawe-produkteraad nooi kwalifiserende abattoirs uit om aansoek te doen vir die Noorweegse beesvleiskwota vir 2025. Die raad nooi veral nuwe rolspelers om aansoek te doen. Die kwota van 1 600 ton vleis kan gedeel word. Die raad vra aansoekers om teen 11 Oktober aansoek te doen en maan rolspelers dat hulle reeds […]
Ramaphosa spreek medelye uit met bootramp by Kivu - October 8, 2024
President Cyril Ramaphosa het sy meegevoel betuig met die mense en regering van die Demokratiese Republiek die Kongo na ʼn tragiese bootongeluk op die Meer Kivu. Presidensie-woordvoerder, Vincent Magwenya, sê nagenoeg 80 mense het hulle lewens verloor met byna 200 wat steeds vermis word nadat die vaartuig verlede week gesink het:
Alle oë op Nobelraad – Fisika-toekenning vandag - October 8, 2024
Afwagting bou op met die Nobelprys vir Fisika wat vandag bekend gemaak word. Na die toekenning vir Fisiologie of Medisyne aan die Amerikaanse wetenskaplikes, Victor Ambros en Gary Ruvkun, vir hulle ontdekking van mikroRNS, is alle oë nou op die gesogte prys vir fisika. Die sekretaris-generaal van die Nobelraad, Thomas Perlmann, sê dit verteenwoordig die […]