
20 dood in Isreali aanval op Gaza-vlugtelingkamp - October 12, 2024
Minstens 20 mense is dood en dosyne gewond in Israeliese aanvalle op die Jabalia-vlugtelingkamp in noordelike Gaza, berig Reuters. Dokters Sonder Grense, of MSF, sê duisende mense is in die kamp vasgekeer. In ‘n plasing op X, sê eksterne MSF-projekkoördineerder Sarah Vuylsteke “niemand word toegelaat om in of uit te gaan nie”. Wêreldleiers het ook […]
Bafana draf DRK 5-0 kaf - October 12, 2024
Sokker: Bafana Bafana het die Republiek van die Kongo oorrompel met ‘n oortuigende 5-0 oorwinning wat hulle oorheersing van Groep K bevestig in die opmars na kwalifisering vir die 2025 Afrika-nasiesbeker. Voor ‘n juigende skare van 40 000 in die Nelson Mandelabaai-stadion, het die Suid-Afrikaners beëindruk met spel wat hulle gesamentlik bo-aan Groep K laat […]
Kuugongelwa-Amadhila vier 57ste verjaardag - October 12, 2024
Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila vier haar 57ste verjaardag. Sy is op 12 Oktober 1967 gebore en het sedert 2015 as Namibië se eerste vroulike premier gedien. Sy is ‘n opgeliede ekonoom en was finansminister van 2003 tot 2015, waar sy gehelp het om Namibië se ekonomie te stabiliseer. Sy is bekend vir haar fokus op […]
EFF ‘sal nie rus’ tot Cyril vir Phala Phala vervolg word - October 12, 2024
Die EFF is ontsteld oor die besluit van die Nasionale Vervolgingsgesag om president Cyril Ramaphosa nie oor die Phala Phala-plaasskandaal te vervolg nie. Hulle beweer staatsinstellings beskerm Ramaphosa teen geregtigheid. EFF-woordvoerder, Leigh-Ann Mathys, sê ernstige misdaad is gepleeg insluitend buitelandse valuta wat nie verklaar is nie en die misbruik van staatshulpbronne.
Rekord-veldbrande verwoes Peru se ekosisteme, natuurlewe - October 12, 2024
‘n Rekordgetal brande in Peru het verwoesting in die land se ekosisteme gesaai met veldgras, droë woude, kusgebiede en die Amasone wat afgebrand het. In die noorde van Peru het seldsame brilbere uit die brandende, droë woude na nabygeleë dorpe gevlug, terwyl jaguars in die suidelike Amasone, wat nie kon wegkom nie, in bome verkool […]
Sabalenka, Gauff takel mekaar by Wuhan Ope - October 12, 2024
Tennis: Vanjaar se Amerikaanse Ope-kampioen, Aryna Sabalenka van Belarus, speel vandag teen die wenner die vorige jaar, die Amerikaner Coco Gauff, in die halfeindstryd van die Wuhan Ope in China. Topgekeurde Sabalenka het maklik in die kwarteindronde klaargespeel met Magdalena Fręch van Pole met 6-2, 6-2. Gauff het vroeër nog ’n Poolse speler, Magda Linette, […]
Groot myne moet model benut om kragkoste te sny: ECB - October 12, 2024
Die Elektrisiteitsbeheerraad het ‘n beroep op Namibië se mynbedryf gedoen om voordeel te trek uit die Gemodifiseerde Enkelkopermarkmodel om elektrisiteitsinsetkoste te verminder. Dit is omdat elektrisiteit ‘n beduidende bedryfsuitgawe is en energiesekuriteit ‘n bekommernis bly. Volgens Robert Kahimise, die raad se uitvoerende hoof, het groot myne soos Rössing Uranium reeds die model begin benut, wat […]
Waarskuwing oor stralerbrandstof-tekort in SA - October 12, 2024
Die lugvaartbedryf waarsku oor ʼn ernstige verskaffingstekort van stralerbrandstof weens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se regulatoriese vertragings om bergingsgeriewe te lisensieer. Na die sluiting van raffinaderye in KwaZulu-Natal gaan tydelike lisensiereëlings vir lugvaartkeroseen binnekort verval. Indien dit nie verleng word nie kan die OR Tambo- en die Koning Shaka Internasionale Lughawe die gevaar loop van beduidende […]
Protes in Ghana teen onwettige goudmyne - October 12, 2024
Honderde mense het Vrydag deur Ghana se hoofstad Accra opgeruk in ‘n vreedsame protes teen ongelisensieerde goudmynery, en ‘n beroep op owerhede gedoen om op te tree teen die gevaarlike en omgewingskadelike praktyk. Onwettige kleinskaalse goudmynbou, bekend as “galamsey” in Ghana, het toegeneem ná ‘n byna 30 persent styging in globale goudpryse. Kleinskaalse myne het […]
Bavuma beseer, mis eerste Bangladesj-toets - October 12, 2024
Krieket: Die Protea-kaptein, Temba Bavuma sal die eerste toets teen Bangladesj weens ʼn armbesering misloop en die witbal-kaptein, Aiden Markram, sal die span aanvoer. Die opwindende jong kolwer, Dewald Brevis, is die eerste keer in die toetsgroep opgeneem nadat hy indruk gemaak het in die korter formate. Bavuma reis steeds volgende week saam met die […]