Vyf jaar van Fishrot, menseregte-impak duur voort - November 13, 2024

Die vyfde herdenking van die Fishrot-skandaal kom nader met die hoofverdagtes wat op 27 November 2019, op verkiesingsdag gearresteer is. In aanleiding van die herdenking het die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sy tweede menseregte-impak verslag bekend gestel. Die ondersoek kyk na die breeër impak van die skandaal, onder andere, die werksverliese onder vissermanne. Daniel Nailonga […]

Read More

Nuwe strategie sal groente-grenssluitings ophef - November 13, 2024

Die Namibiese Akkerbouraad sê Namibië sal sy invoerbeperkings op uitgesoekte vrugte en groente geleidelik verwyder onder ‘n nuwe gewaswaardeketting-ontwikkelingstrategie vir 2025-2030. Die invoerverbod is sedert 2005 geïmplementeer om plaaslike produksie te ondersteun en afhanklikheid op invoere te verminder. Die raad beoog nou om oor te skakel na ‘n meer mededingende mark. Dit is ook belangrik […]

Read More

Whk behaal weer nie besparingsteiken nie - November 13, 2024

Tussen 4 en 11 November het Stad Windhoek se inwoners weer nie die 15 persent teiken vir waterbesparings behaal nie. Verbruik was 14 persent oor die besparingsteiken. Die Stad se uitvoerende hoof Moses Matyayi het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat sy waterbesparingsveldtog einde Februarie vanjaar sou begin maar tot op hede was daar […]

Read More

Toestroming met toelaag-registrasie, BIG kritiseer steeds - November 13, 2024

Inwoners van Ongwediva en omliggende gebiede het na die maatskaplike welsyn-ministerie in die dorp gestroom om hul huishoudings en potensiële begunstigdes te registreer vir die voorwaardelike basiese inkomstetoelae, voorheen bekend as Voedselbank. Begunstigdes ontvang 600 Namibiese dollar per huishouding per maand. Altesaam 8 238 huishoudings kry tans die toelae. Mense wat nie Ongwediva-inwoners was nie, […]

Read More

Staande komitee ondersteun tolhekke - November 13, 2024

Die Nasionale Raad se staande komitee oor vervoer, infrastruktuur en behuising het die instelling van tolhekke op groot paaie regoor Namibië voorgestel om die befondsing van sommige sleutel padinfrastruktuur-projekte te ondersteun. The Brief berig die aanbeveling volg op ‘n besoek aan Zambië en Botswana, waar die komitee suksesvolle modelle vir padfinansiering ondersoek het en met […]

Read More

UDF bevraagteken ECN se werkswyse - November 13, 2024

Die United Democratic Front is vies vir die Verkiesingskommissie van Namibië oor verskeie kwessies. Die kommissie het aan die begin van die jaar ‘n verkiesingskalender vrygestel en die onlangse stembrieftender-debakel het vrae laat ontstaan oor of die kalender gevolg word. Die kommissie het ook deurgeloop oor sy deregistrasie van die Namibia Economic Freedom Fighters en […]

Read More

GOOD sê BIG is nodig met 8 miljoen werkloses in SA - November 13, 2024

Die GOOD-party sê alhoewel die verbetering in Suid-Afrika se werkloosheidsyfer gevier moet word, is dit steeds te hoog. Die syfer het in die derde kwartaal vanjaar effens afgeneem met 1,4-persent tot 32,1-persent. Agt-miljoen landsburgers is steeds werkloos. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die regering moet ʼn basiese inkomste-toelaag instel:

Read More

Nigeriërs wat hulp noedig het sal tot 33 miljoen styg - November 13, 2024

Rekord-inflasie, klimaatskokke en voortslepende konflik sal volgens aanduiding die aantal mense sonder voedselsekuriteit in Nigerië in 2025 tot 33 miljoen laat styg. Daar is tans 25 miljoen wat van hulp afhanklik is. Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram sê 5,4-miljoen kinders en 800 000 swanger of borsvoedende vroue word deur erge wanvoeding in die gesig gestaar. […]

Read More

Biochar kan mahangu-produksie ‘n hupstoot gee - November 13, 2024

‘n Namibiese landboukundige het ‘n beroep op kommunale boere gedoen om biochar, of landbou-houtskool, in hul mahangu-lande te gebruik om die grond te verbeter en meer voedsel te produseer. Axel Rathouge van AgriConsult Namibia sê die meeste kommunale boere se mahangu-lande word in sanderige grond geplant, wat deur reën weggeloog word. Hy sê een van […]

Read More

Suikerbelasting kniehalter sektor - November 13, 2024

Suid-Afrika se suikerriet-oes sal na verwagting hierdie seisoen weens droë toestande tien-persent laer wees. Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging beraam die totale oes sal laer as 17-miljoen wees, minder as die gebruiklik 18-miljoen ton. Hoewel dit aan die plaaslike vraag sal voldoen, sal uitvoere minder wees. Die voorsitter van die organisasie, Higgins Mdluli, glo diversifisering na volhoubare […]

Read More