Unam-studente skryf nog, kan nie Woensdag koshuise ontruim nieJune 9, 2025
Die herrie het losgebars na Unam-studente by die hoofkampus in Windhoek opdrag gekry het om koshuise teen Woensdag hierdie week te ontruim om plek te maak vir deelnemers aan die komende Streek 5 Jeugspele, ten spyte van die voortgesette eksamentydperk. Talle studente sê daar is geen alternatiewe blyplek nie. Studente het Sondag op die kampus vergader en verwag om deur Unam se pro-visekanselier, Ellen Namhila, aangespreek te word. Sy het nie opgedaag nie. Unam-woordvoerder Simon Namesho het aan plaaslike media bevestig dat die universiteit daaraan werk om die saak op te los, maar hy het geen amptelike verklaring of konkrete besonderhede verskaf nie.