Caprivi-7 se tronkstraf ‘belaglik’ – Henk Mudge - October 14, 2024

Die sewe mans wat 20 jaar ná hul eerste hofverskyning skuldig bevind is aan hoogverraad in die Caprivi-verhoor, is deur regter Petrus Unengu gevonnis. Progress Munuma het 16 jaar gevangenisstraf gekry, terwyl Shine Samuandela, Manuel Makendano, Alex Mushakwa, Frederick Ntambilwa en Hoster Ntombo 12 jaar tronkstraf elk opgelê is. John Tembwe het 5 jaar gevangenisstraf […]

Read More

Leë beloftes in manifeste ‘weens gebrek aan leiers’ - October 14, 2024

Die United Democratic Front het die naweek sy manifes vrygestel, wat soos elke ander party behuising en werkverskaffing belowe. Dit beloof verder gesubsidieerde water en elektrisiteit, en ‘n 500 Namibiese dollar basiese inkomstetoelaag vir elke behoeftige Namibiër. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gepraat oor politieke partye wat dieselfde beloftes […]

Read More

Nog kwystskeldings van minimumloon gevra - October 14, 2024

Die minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur wat in Januarie volgende jaar in werking tree, is weer in die nuus. Die landbou- en sekuriteitsektore het reeds aansoek gedoen om kwytskelding en gesê dit sal onder meer lei tot werksverliese en die toemaak van besighede. Die Brandstof- en Franchisevereniging, Fafa, het gevra vir ‘n vergadering […]

Read More

Swapo sal besluit oor lot van 5 lede van hofsaak - October 14, 2024

Die hooggeregshof het die aansoek wat deur Reinhold Shipwikineni en vier ander teen Swapo ingedien is, van die hand gewys en beslis dat die saak nie behoorlik saamgestel is nie. Shipwikineni en die ander applikante het versoek dat die hof Swapo verplig om ‘n buitengewone kongres te hou, soos vereis deur die party se grondwet, […]

Read More

Okahandja-inwoners gaan vergader oor Redforce - October 14, 2024

Redforce blyk nog steeds ‘n probleem te wees in verskeie dorpe. Onlangs was die Walvisbaai inwoners in rep en roer oor Redforce se teenwoordigheid in die kusdorp wat gelei het tot die kansellasie van Redforce se kontrak. Daarna het die howe in Redforce se guns beslis en is die skuldinvorderaar weer operasioneel in Walvisbaai. Kosmos […]

Read More

SA ekonomie kan 3,5% groei weens geen beurtkrag - October 14, 2024

Die minister van Energie en Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê ononderbroke kragtoevoer kan die Suid-Afrikaanse ekonomie in die volgende 18- tot 24-maande met 3,5-persent laat groei. Hy sê die Buro vir Ekonomiese Navorsing aan die Universiteit Stellenbosch het dit bevestig. Ramokgopa sê die afgelope drie jaar het ‘n gesamentlike strategie deur die Presidensie en die Nasionale […]

Read More

Aktiviste verkoop ‘afskeidstoer’-goedere voor Charles se besoek - October 14, 2024

Die Australiese Republikeinse Beweging se veldtog oor koning Charles se komende besoek word as ʼn “afskeidstoer” van die Britse monargie bestempel. Dit sluit in handelsware om ʼn debat te ontlok oor die rol van die kroon in moderne Australië. Die toer van Vrydag tot volgende Dinsdag is die eerste koninklike besoek in langer as ‘n […]

Read More

Leeus derde op VRK-punteleer, Bulle vierde - October 14, 2024

Rugby: Die Leeus het van die sesde tot die derde plek opgeskuif op die punteleer van die Verenigde Rugbykampioenskap met hulle derde oorwinning van die seisoen gister in Wallis. Die Johannesburgse span het die Dragons op Rodney Parade 23-19 geklop en is nou net agter Leinster en Glasgow Warriors wat albei een wedstryd meer gespeel […]

Read More

Regsman skiet Walvis burgemeester se reise af - October 14, 2024

Reaksie is ontvang op die herrie wat ontketen is by die Walvisbaai-munisipaliteit. Burgemeester Trevino Forbes het sy buitelandse reise verdedig en gesê dit is tot voordeel van inwoners en nie vir persoonlike gewin nie. Dit kom nadat sommige raadslede ontevrede was oor Forbes wat sonder hul insette na ‘n burgemeestersvergadering in Ethiopië gereis het. Forbes […]

Read More

Johannesburgse man ‘in Israelse skerpskutter-eenheid in Gaza’ - October 14, 2024

‘n Twee-en-twintigjarige man van Johannesburg is uitgeken as ‘n lid van ‘n elite skerpskuttereenheid in die Israelse Weermag. Volgens News24 dui ‘n dokumentêr deur die Palestynse joernalis Younis Tirawi aan dat Aaron Bayhack na bewering betrokke was by die eenheid se operasies in Gaza waarin volgens berigte meer as 100 mense dood is, wat burgerlikes […]

Read More