Nuwe plan teen GBV in die pyplynMay 19, 2025
‘n Hersiende nasionale aksieplan teen geslagsgebaseerde geweld is in die pyplyn, sê die uitvoerende direkteur van die ministerie van geslagsake en kinderwelsyn, Lydia Indombo. Indombo het tydens ‘n opleidingsessie vir onderwysers op Swakopmund na die onlangse moorde en verkragting van kinders op Okahandja verwys en gesê dié euwel moet sáám met mening getakel word. Volgens polisiesyfers is meer as 4 400 gevalle van geslagsgeweld tussen April 2024 en Februarie vanjaar aangemeld. Hiervan was 1 345 verkragtings.