Onveranderde vroue Bokspan vir Kenia vandag  - June 11, 2025

Die opdrafspan van die Springbok-vroue wat Uganda 62-7 verslaan het, bly onveranderd vir hulle Rugby Afrikabeker-kragmeting met Kenia vandag in Antananarivo, Madagaskar. Die afrigters sê hulle wil momentum behou. Die enigste verandering is op die bank waar die losvoorspeler Nompumelelo Mathe die agterspeler Nomawethu Mabenge vervang. Patience Mokone, wat twee drieë teen Uganda gedruk het […]

Read More

Dagga-voorspraakgroepe dien hervormingsversoek in  - June 11, 2025

Vier Namibiese dagga-voorspraakgroepe het gesamentlik ‘n wetlike en menseregte-gebaseerde versoek ingedien vir die dringende hervorming van die land se daggawette. Hulle is die Cannabis- en Hennepvereniging van Namibië , die Ganja-gebruikers van Namibië, die Mediese Marijuana-vereniging van Namibië en die Rastafari United Front. Dit was na ‘n beroep van die justisieministerie vir openbare insette oor […]

Read More

Amushelelo se regsuitdagings verdiep - June 11, 2025

Dit is nie bekend wat vandag gaan gebeur wanneer die saak van luitenant-generaal Joseph Shikongo teen Michael Amushelelo voor regter Boas Usiku voorkom nie. Amushelelo het nie geld om te verdedig nie maar het nog nie gehoor oor sy regshulp aansoek wat hy op 17 April ingedien het nie. Regshulp word normaalweg nie gebied in […]

Read More

Ombud gesels oor SWATF-troepe - June 11, 2025

Berigte dat die oud-SWATF troepe wat aandring op 36 miljoen Namibiese dollar wat glo met onafhanklikheid deur die Suid-Afrikaanse regering na die Swapo-regering oorgedra is om hulle uit te betaal, bly in die nuus. Ombudsman Basilius Dyakugha het gesê hy kan hulle nie help nie, want daar is nie bewyse dat die geld ooit oorbetaal […]

Read More

Miljoene se ngungula gekonfiskeer in Noorde - June 11, 2025

Plaaslike media berig vanoggend dat die Oshana-polisie meer as 776 000 liter ngungula, of Angolese brandstof tussen 2024 en tot datum vanjaar, gekonfiskeer het. Die waarde hiervan beloop 17 miljoen Namibiese dollar. Daar was verlede jaar 72 gevalle gerapporteer wat gelei het tot 47 arrestasies. Vanjaar was daar 29 arrestasies. Owerhede glo sindikate is betrokke […]

Read More

Ramaphosa en Trump sal by G7 in Kanada weer vergader - June 11, 2025

Daar is hoop vir betrekkinge tussen Suid-Afrika en die VSA. President Cyril Ramaphosa sê hy sal tydens die komende G7-leiersberaad in Kanada bilaterale samesprekings voer met verskeie staatshoofde, insluitend president Donald Trump. Die vergadering met Trump vind plaas nadat die twee leiers in Mei in die Withuis vergader het. Ramaphosa het kritiek op sy onlangse […]

Read More

Cran oorweeg lae wentelbaan-satelliete vir landelike internet - June 11, 2025

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid, Cran, sal hom wend na lae-aarde wentelbaan-satelliete om internettoegang in afgeleë dele van die land te verbeter, waar bestaande infrastruktuur sukkel om dekking te bied. Die owerheid se uitvoerende hoof, Emilia Nghikembua, sê dat die uitgestrekte en yl bevolkte landskap dit moeilik maak om gewone netwerke uit te brei na boerderysones, landbougrond en […]

Read More

SA se vervaardigingkoers daal skerp in April - June 11, 2025

Statistiek Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het in April met 6,3-persent gedaal in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar. Die grootste dalings is aangeteken in die voedsel- en dranksektor, motorvoertuie, en staal- en metaalprodukte. Produksie het egter van Maart tot April effens gestyg met 1,9-persent. Nicolai Claassen van Statistiek SA sê produksie en verkope het die afgelope […]

Read More

Zim sal vanaf 2027 litium-uitovere verbied - June 11, 2025

Zimbabwe gaan die uitvoer van litiumkonsentrate vanaf 2027 verbied, terwyl dit druk op meer plaaslike verwerking uitbrei, het myneminister Winston Chitando aangekondig. Zimbabwe is Afrika se top-produsent van litium, wat in batterye gebruik word wat hernubare energie-tegnologië aandryf. Die land het reeds in 2022 die uitvoer van litiumerts verbied. Chitando het bygevoeg dat litiumsulfaataanlegte tans […]

Read More

Trump oorweeg Opstandwet oor Los Angeles - June 11, 2025

Honderde Amerikaanse seesoldate het Dinsdag in die Los Angeles-omgewing aangekom onder bevele van president Donald Trump, wat ook 4 000 Nasionale Wag-troepe geaktiveer het om betogings in die stad te beëindig. Dit is ondanks besware van die Kaliforniese goewerneur Gavin Newsom dat die ontplooiings polities gemotiveerd is. Die gebruik van aktiewe weermaglede om op burgerlike […]

Read More