Veerboot slaan om by BaliJuly 3, 2025

Minstens vier mense is dood en tientalle word vermis nadat ʼn veerboot by die Indonesiese eiland Bali gesink het. Die Nasionale Soek- en Reddingsagentskap sê die boot het 53 passasiers en 12 bemanningslede aan boord gehad toe dit gister op pad van Banyuwangi aan die ooskus van Java-eiland na Bali gesink het. Owerhede sê 29 oorlewendes is gered en die soektog duur voort. Die vaartuig het volgens berigte enjinprobleme ontwikkel kort voor dit gesink het. Ongelukke ter see vind gereeld in Indonesië plaas omdat veiligheidsmaatreëls nie toegepas word nie.