Ramaphosa en Trump sal by G7 in Kanada weer vergaderJune 11, 2025

Daar is hoop vir betrekkinge tussen Suid-Afrika en die VSA. President Cyril Ramaphosa sê hy sal tydens die komende G7-leiersberaad in Kanada bilaterale samesprekings voer met verskeie staatshoofde, insluitend president Donald Trump. Die vergadering met Trump vind plaas nadat die twee leiers in Mei in die Withuis vergader het. Ramaphosa het kritiek op sy onlangse reis na Washington van die hand gewys en sê dit was ‘n strategiese stap om verhoudings met een van Suid-Afrika se belangrikste handelsvennote te herstel: