Trump oorweeg Opstandwet oor Los AngelesJune 11, 2025
Honderde Amerikaanse seesoldate het Dinsdag in die Los Angeles-omgewing aangekom onder bevele van president Donald Trump, wat ook 4 000 Nasionale Wag-troepe geaktiveer het om betogings in die stad te beëindig. Dit is ondanks besware van die Kaliforniese goewerneur Gavin Newsom dat die ontplooiings polities gemotiveerd is. Die gebruik van aktiewe weermaglede om op burgerlike steurings te reageer, is uiters skaars. Trump is by ‘n perskonferensie in die Withuis gevra of hy hom op die land se Opstandwet sal beroep. Luister self na sy antwoord.