Dagga-voorspraakgroepe dien hervormingsversoek in June 11, 2025
Vier Namibiese dagga-voorspraakgroepe het gesamentlik ‘n wetlike en menseregte-gebaseerde versoek ingedien vir die dringende hervorming van die land se daggawette. Hulle is die Cannabis- en Hennepvereniging van Namibië , die Ganja-gebruikers van Namibië, die Mediese Marijuana-vereniging van Namibië en die Rastafari United Front. Dit was na ‘n beroep van die justisieministerie vir openbare insette oor verouderde en diskriminerende wetgewing wat nog van krag is. Die groepe betoog dat dagga-verwante wette gewortel is in raamwerke van die apartheid-era en beide grondwetlike regte en internasionale wetlike standaarde skend. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Angela Prusa van die Cannabis- en Hennepvereniging van Namibië.