
Rundu se fokus lê by watervoorsiening - December 5, 2024
Die burgemeester van Rundu, Gabriel Kanyanga, is vir ‘n vyfde termyn herkies en het onderneem om te fokus op die verbetering van die dorp se infrastruktuur om in die behoeftes van die groeiende bevolking te voorsien. Sleutelprioriteite sluit in die aanspreek van behuising, gesondheidsorg en onderwys. Kosmos 94.1 Nuus het met Kanyanga gesels, wat sê […]
Gauteng-hof sê nee vir nuwe steenkool kragstasie - December 5, 2024
Die Gautengse Hooggeregshof het teen die regering se plan beslis om 1 500 megawatt steenkoolkrag aan te skaf en beskou dit weens gesondheidsrisiko’s as ongrondwetlik. Die besluit is deur omgewingsgroepe betwis en die hof het bevind die plan van 2019 is onwettig en wys op die ernstig impak van steenkool op openbare gesondheid. Regter Cornelius […]
VSA ontken aanspreeklikheid vir kweekhuisgas-vrystellings - December 5, 2024
Amerika voer aan hy is nie finansieel aanspreeklik vir kweekhuisgas-vrystellings van die verlede nie, en huidige menseregtewette voorsien nie ʼn reg op ʼn gesonde omgewing nie. Die land se verteenwoordiger, Margaret Taylor, het gister ʼn mondelinge voorlegging by die Internasionale Geregshof gedoen. Die hof sal op versoek van die Verenigde Nasies se algemene vergadering bepaal […]
Plot to Plate loodsfase by Groot Aub bekend gestel - December 5, 2024
Plot to Plate, ‘n voetsoolvlak-inisiatief wat daarop gemik is om volhoubare landbou te bevorder, het sy konsepbewys amptelik by Groot Aub bekend gestel deur die Capricorn-stigting, wat die lewensvatbaarheid en impak van kleinskaalse voedselproduksie binne gemeenskappe wil ten toon stel. Hierdie loodsinisiatief het ten doel om te demonstreer hoe plaaslike, laekoste-oplossings ‘n deurslaggewende rol kan […]
Inflasie en kospryse: Geen meer vrugte vir jou nie - December 5, 2024
Die inflasiesyfers is deur die Namibiese Statistieke-agentskap bekend gemaak en inflasie vir November staan op 3 persent. Maar, daar was stygings in voedselpryse vergeleke met November 2023. Vrugte was 15,8 persent duurder met koffie en tee wat met 10,7 persent gestyg het. Suiker-produkte is op met 6,7 persent en vleis, met 5,7 persent. Brood en […]
Reuse-Hardapdam onttrekking was vir suiwel- en varkplaas - December 5, 2024
NamWater se jongste dambulletin toon dat Hardapdam net 5,9 persent waterbronne oor het met ‘n reuse 383 000 kubiek wat in sewe dae uitgepomp is. Die dam is gesluit vir die besproeiingsboere. Kosmos 94.1 het met Mariental-munisipaliteit se uitvoerende hoof Paul Nghiwelepo gesels oor waarvoor die water benut is.
Stad Windhoek ontken hardhandigheid teenoor informele handelaars - December 5, 2024
Stad Windhoek ontken ten sterkste aantygings van hardhandigheid tydens die verwydering van informele handelaars by Unam se hoofkampus in die hoofstad. Foto’s van hulle ware wat op die grond lê is wyd op sosiale media versprei en selfs die Kunene-goewerneur Marius Sheya het toegetree en gesê swart-op-swart-haat moet tot ‘n einde kom. Die Stad se […]
Parys weer aangewys as mooiste stad ter wêreld - December 5, 2024
Parys is vir die vierde agtereenvolgende jaar as die wêreld se aantreklikste stad aangewys. Dit is volgens die Top 100 Stadsbestemmingsindeks van die data-ontledingsmaatskappy, Euromonitor International. Die indeks plaas stede op ‘n ranglys met die kriteria wat insluit toerisme, volhoubaarheid, ekonomiese prestasie, gesondheid en veiligheid. Madrid is tweede op die lys gevolg deur Tokio, met […]
Inflasie bly laag, maar nie in Khomas nie - December 5, 2024
Inflasie vir November het op 3 persent ingekom, dieselfde as Oktober s’n maar, laer as die 5,7 persent wat in November verlede jaar aangeteken is. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê die hoogste inflasie is in Khomas aangeteken waar verbruikers 4,1 persent ervaar het terwyl die res van die land, sones 1 en 3, net 2,3 persent […]
Vermeende Ferrari-moordenaars pleit onskuldig - December 5, 2024
Die drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Daniele Ferrari by Avisdam in Julie 2020 vermoor het, het onskuldig gepleit. Kefas Iileka, 36, Johannes Shetunyenga, 35 en Antonio Cheme, 28, word in die hoërhof verhoor op klagtes van moord, roof en aanranding. Ferrari is van sy selfoon en beursie beroof. Hulle het volgens die […]