
SA Christelike Forum takel Padongelukkefonds - January 10, 2025
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum doen regstappe teen die Padongelukkefonds oor onbetaalde fakture. Volgens die forum sukkel ‘n gestremde sakevrou, met meer as 15 mense in haar diens, reeds langer as ‘n jaar met vertraagde betalings, wat salarisse, materiaal en projekte beïnvloed. Die forum se president, Marothi Mashashane wil geregtigheid hê vir die sakevrou en […]
Sub-Sahara Afrika reg vir groei: Moody’s - January 10, 2025
Moody’s Ratings sê Afrika suid van die Sahara sal na verwagting in 2025 met 4,2-persent groei, teenoor 3,8-persent in 2024. Volgens die verslag is dit danksy energie, beleggings in infrastruktuur en ‘n groeiende dienstesektor. Suid-Afrika en Nigerië is aan die voorpunt met hervormings wat kredietwaardigheid verbeter. Ten spyte van streeksuitdagings, bestendig fiskale konsolidasie vooruitsigte vir […]
Auger-Aliassime, Keys in Adelaide eindstryde - January 10, 2025
Tennis: Felix Auger-Aliassime het vier wedstrydpunte en drie ure nodig gehad om Tommy Paul met 7-6, 3-6 en 6-4 te verslaan en tot die eindronde van die Adelaide Internasionae toernooi deur te dring. Kort voor die Australiese Ope is dit sy 16de eindstryd en ‘n oorwinning sal sy sesde titel beteken. In die vroue-afdeling het […]
Ten spyte van reën, speel voerpryse nie saam nie - January 10, 2025
Alhoewel die nuwe jaar op ‘n hoë noot begin het met reën, is nie al die nuus goeie nuus vir boere nie. Voerpryse sal in die eerste kwartaal van die jaar nog hoog bly. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jaco Labuschagne, die uitvoerende hoof van Voermeester, wat verduidelik.
Eerste HopHydro-beker Namibië sokkertoernooi op pad - January 10, 2025
HopHydro Energy, in samewerking met die Collin Benjamin Sokkerakademie, gaan van 17 tot 19 Januarie die eerste HopHydro-beker Namibië aanbied. Die internasionale onder-18 sokkertoernooi sal by die CBS Arena, by Jan Mohr Hoërskool se sokkerveld, in Windhoek plaasvind. Die toernooi sal junior spanne van Suid-Afrika se Mamelodi Sundowns, Duitsland se FC Nürnberg, die Collin Benjamin-sokkerakademie […]
PEL39 is nie alles vir olie-eksplorasie, sê Namcor - January 10, 2025
Namcor het nog ‘n verklaring vrygestel ná Shell se besluit om eksplorasie op PEL39 te staak. Namcor verduidelik dat die gesamentlike ondernemingsvennote sedert 2022 drie keuringsboorgate en ses verkenningsboorgate regoor die PEL 39-lisensiegebied geboor het. Uitgebreide data wat noemenswaardige koolwaterstofvooruitsigte toon is ingesamel. Probleme soos ultra-diepwater toestande en reservoir kompleksiteit bestaan egter steeds. Utaara Hoveka, […]
Gasvryheidsvereniging hoop op meer visumvrye reise - January 10, 2025
Tydens die onlangse besoek van die Chinese buitelandse sake-minister Wang Yi is verskeie planne aangekondig, onder meer toekomstige visumvrye reise tussen China en Namibië. Volgens president Nangolo Mbumba is Namibië vasbeslote om by die vinnig groeiende en winsgewende Chinese toerismemark in te skakel. Amptenare werk glo reeds daaraan om visumvrye reise vir toerismedoeleindes tussen die […]
Oud-Air Namibia werknemers wend hul na verkose president - January 10, 2025
Voormalige werknemers van Air Namibia staar steeds beduidende uitdagings in die gesig, insluitend onbetaalde skeidingspakkette en voortgesette werkloosheid. Hulle het in die openbaar ‘n beroep op die verkose president Netumbo Nandi-Ndaitwah gedoen om hul lot aan te spreek voordat daar voortgegaan word met planne om die nasionale lugdiens te laat herleef, soos sy tydens haar […]
Huurpryse sal steeds styg, maar stadiger - January 10, 2025
Die gemiddelde prys in die plaaslike huurmark het in 2024 tot 7 348 Namibiese dollar gestyg, aangedryf deur ‘n styging van 14,7 persent in tweeslaapkamerverhurings, volgens FNB Namibië se huurprysindeks. Terwyl hierdie segment aansienlik gegroei het, het ander, soos drieslaapkamereenhede, skerp verlangsaam, wat bekostigbaarheidsuitdagings weerspieël. Algehele huurgroei het tot 2,7% vertraag, die laagste sedert 2023, […]
Elektriese voertuie ‘perfek vir Namibiese dorpe’ - January 10, 2025
Duitsland het verlede jaar ‘n daling van 27,4 persent in verkope van battery-aangedrewe motors aangeteken. Dit word toegeskryf aan die beëindiging van staatsubsidies, hoë pryse, swak laai-infrastruktuur en beperkte reikafstand. Plaaslik is verkope van elektriese voertuie ook traag en daar is tans net 45 elektriese voertuie in Namibië, teenoor die 1 000 in Suid-Afrika. Kosmos […]