Indië verneder Proteas in T20 meesterklas - November 16, 2024

Krieket: ‘n Meesterklas gisteraand deur Indië se top drie kolwers op die Wanderers in Johannesburg het gesorg dat die besoekers in hulle beurt ‘n totaal van 283 vir een aangeteken het, voor hulle Suid-Afrika vir ‘n skamele 148 lopies uitgeboul het. Die 135-lopie sege in die vierde en laaste T20 was Suid-Afrika se grootste pak […]

Read More

Media maak reg vir verkiesing - November 16, 2024

Die Verkiesingskommissie van Namibië het 490 mediapersoneel, van 12 mediahuise, geakkrediteer om die presidensiële en Nasionale Vergadering verkiesings op 27 November te dek. Vier geakkrediteerde vryskutwerkers is ook op die lys, terwyl sewe aansoeke om akkreditasie nog oorweeg word. Oor buitelandse media-akkreditasie het die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka, gesê die SAUK en Al […]

Read More

FlySafair het planne as lisensie waai - November 16, 2024

FlySafair stel reisigers met besprekings op internasionale roetes vanaf 29 November en later gerus dat daar gebeurlikheidsplanne is indien sy lisensie opgeskort word. Die Internasionale Lisensiëringsraad vir Lugdienste het bevind die aandeelhouding voldoen nie aan vereistes nie en kan moontlik sy internasionale vlugte strand, insluitend na Mauritius en Zanzibar. FlySafair se aansoek om ʼn dringende […]

Read More

RFK is Trump se keuse, maar Senaat wag - November 16, 2024

Die aangewese Amerikaanse president, Donald Trump, sê Robert F Kennedy Junior gaan ongelooflike goed regkry as die nuwe minister van Gesondheid. Die voormalige Demokraat was ook in die wedloop as ʼn onafhanklike presidentskandidaat maar het onttrek om Trump te ondersteun. Trump het hom in ruil daarvoor ʼn belangrike rol aangebied. Kennedy is ʼn bekende entstof-skeptikus […]

Read More

Dronkbestuur, vervalste lisensies gee Copps 94.1-span werk - November 16, 2024

Die Copps 94.1-span was in Swakopmund op patrollie saam met polisielede en het ‘n interessante aand gehad. Dit is volgens Francois Lottering wat daar was, en hy doen verslag oor dronkbestuur en padveiligheid kwessies.

Read More

Agribank bied gratis aanlyn opleiding vir boere - November 15, 2024

In ‘n poging om Namibiërs te ondersteun om kwaliteit landbouprodukte te lewer, veral in die huidige droogte, het Agribank ‘n gratis aanlyn opleidingsprogram begin vir boere en belangstellendes om te gebruik wanneer hulle dit pas. Die opleidingsessies, beskikbaar op Agribank se YouTube-kanaal, dek verskeie landbou-onderwerpe om boere te help om hul vaardighede en kennis te […]

Read More

AA voorspel effens laer SA petrolpryse in Desember - November 15, 2024

Die Outomobiel Assosiasie sê Suid-Afrikaanse motoriste kan in Desember ‘n mengelmoes in brandstofprysaanpassings verwag. Die AA se woordvoerder, Eleanor Mavimbela, sê huidige ongeouditeerde data vanaf die Sentrale Energiefonds dui op ‘n daling in petrolpryse, met aansienlike stygings in diesel- en lampoliepryse. Sy sê volgens afleidings van die data sal die prys van loodvrye 95-oktaan-petrol met […]

Read More

Hamas sê hy’s gereed vir skietstilstand in Gaza - November 15, 2024

Bassem Naim, lid van Hamas se politieke buro, het aan AFP gesê Hamas is gereed om ‘n wapenstilstand in die Gazastrook te bereik as ‘n wapenstilstandsvoorstel voorgelê word en op voorwaarde dat dit deur Israel gerespekteer word. “Ons doen ‘n beroep op die Amerikaanse administrasie en Trump om druk op die Israeliese regering te plaas […]

Read More

Tim Southee gaan uit toetskrieket tree - November 15, 2024

Krieket: Die Nieu-Seelandse snelbouler, Tim Southee, gaan uit toetskrieket tree aan die einde van volgende maand se reeks van drie wedstryde teen Engeland. Die 35-jarige het 102 toetse gespeel en 385 paaltjies geneem – die tweede meeste vir Nieu-Seeland naas Richard Hadlee. Hy het in vier een-dag-internasionale Wêreldbekertoernooie gespeel, sewe T20-Wêreldbekertoernooie en twee Kampioenskapstrofee-toernooie. Southee […]

Read More

Lüderitz wag vir geld om haglike enkelkwartiere op te knap - November 15, 2024

Inwoners van Lüderitz se enkelkwartiere verduur swak lewensomstandighede, insluitend nie-funksionele toilette, wat hulle dwing om tydelike sanitasie-metodes in te span. Dit skep gesondheidsrisiko’s, veral vir die kinders wat daar woon. Ten spyte van pogings om die plaaslike raad te betrek, het die burgemeester se kantoor nog nie gereageer nie. Burgemeester Phil Balhao het die kwessie […]

Read More