IPC betoog môre vir geregtigheid - January 14, 2025

Die IPC hou môre ‘n vreedsame betoging om geregtigheid te eis vir beweerde onreëlmatighede, kiesersonderdrukking en belemmering van stemreg tydens die Nasionale Vergadering en presidensiële verkiesings. Die betoging val saam met die party se hofaansoek. Die Verkiesingskommissie van Namibië word van wanbestuur beskuldig, wat na bewering kiesers se grondwetlike regte ondermyn het. Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

SA se intelligensie-agentskappe moet hervorm word, daar’s erge korrupsie - January 14, 2025

AfriForum vra onmiddellike hervormings van Suid-Afrika se intelligensie-agentskappe, met verwysing na wydverspreide korrupsie en politieke inmenging. Die burgerregte-organisasie sê die Staatsveiligheidsagentskap slaag nie daarin om die land te beskerm nie, weens berigte oor fondse wat misbruik word, soos die 22,7 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat aan ‘n luukse hotel bestee is. Jacques Broodryk van AfriForum versoek […]

Read More

Smith het genoeg bewyse gehad om Trump te vervolg - January 14, 2025

Die Amerikaanse spesiale prokureur, Jack Smith, het tot die gevolgtrekking gekom dat Donald Trump besig was met ‘n ongekende kriminele poging om aan bewind te bly nadat hy die 2020-verkiesing verloor het, maar kon nie die saak laat verhoor nie. Dit is volgens sy verslag wat vandag bekend gemaak is. Die verslag beskryf Smith se […]

Read More

Persiese luiperd in Kazakstan gesien - January 14, 2025

Die bedreigde Persiese luiperd is in Kazakstan opgemerk, ‘n seldsame waarneming in die Sentraal-Asiatiese land, waar die kat se teenwoordigheid nog nie voorheen aangeteken is nie. Daar is net sowat 1 000 Persiese luiperds in die wêreld oor. Dit staan ook bekend as die Kaukasiese of Anatoliese luiperd wat in Kaukasië, Turkye, Iran, Irak en […]

Read More

Omgewing stuur ambiseuse konflik-projek van stapel - January 14, 2025

Die omgewingministerie gaan ‘n baanbrekerprojek loods wat daarop gemik is om mens-dier konflik te verminder en wildmisdaad aan te spreek. Die Geïntegreerde Benadering tot Proaktiewe Bestuur van Mens-natuurlewe Konflik en Wildmisdaad Projek sal meer as 4 500 mense regstreeks bevoordeel, met ‘n bykomende 18 100 mense wat indirek sal baat vind. Die projek fokus op […]

Read More

Meer oor gewone- en gevorde-vlak uitslae - January 14, 2025

Die onderwysminister Anna Nghipondoka het die eksamenuitslae bekend gemaak van die meer as 40 000 gewone-vlak en amper 10 000 gevorderde-vlak leerders in die land. Leerders het beter presteer in die wetenskap met 51,7 persent wat ‘n D of hoër behaal het vir fisika teenoor 37,1 persent in 2023. Tale het verswak met ‘n D […]

Read More

FNB-ekonoom sê inflasie sal in 2025 styg - January 14, 2025

Inflasie het effe gestyg in Desember en die nuus word nie beter nie. Die FNB-ekonoom Helena Mboti sê inflasie sal vandeesmaand verder styg en sal gemiddeld 4 persent gedurende die jaar handhaaf, aangedryf deur, onder andere, hoër oliepryse.

Read More

MSC erken Namport as noodsaaklike oorlaaipoort vir Suider-Afrika - January 14, 2025

Met die bekendstelling van die Namibia Express is die hawe van Walvisbaai formeel deur die Mediterranean Shipping Company, MSC, erken as ‘n noodsaaklike oorlaaipoort vir Suider-Afrika. MSC het sy voornemens aangekondig om sy streeknetwerk uit te brei deur twee nuwe roetes te begin, die Namibia Express en die Mosambiek Shuttle, en die Noordwes-vasteland-na-Suid-Afrika diens te […]

Read More

PDM-jeugleier reageer op hofbevel teen haar - January 14, 2025

Julia Nekwaya van die PDM se jeugliga het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat na waarnemende regter Anne-Doris Hans Kaumbi ‘n hofbevel uitgereik wat haar en William Minnie van die LPM verbied om sy bedrywighede te belemmer. Dit kom na protesaksie oor die tussentydse raad wat deur die lynminister aangestel is na ‘n raad reeds verkies […]

Read More

Uitslae: 29% van gewone vlak kwalifiseer vir tersiêre opleiding - January 14, 2025

‘n Totaal van 40 757 voltydse leerders het die gewone vlak-eksamens geskryf waarvan 29,5 persent kwalifiseer vir tersiêre opleiding, 4,3 persent beter as in 2023. Die lynminister Anna Nghipondoka is steeds besig om uitslae bekend te maak. In 2023 het ten minste 75 persent van die leerders nie vir tersiêre onderrig gekwalifiseer nie en dit […]

Read More