
Kinderhuwelike in Namibië en die wet - December 6, 2024
Kinderhuwelike in Namibië, wat dikwels in kulturele tradisies gewortel is, raak 2 persent van meisies onder 15 en 7 persent van onder 18’s. Ten spyte hiervan vorder Namibië met regshervormings, soos die Wet op Kinderhuwelike van 2018. Voortgesette ontwikkeling van toepaslike wette en die afdwing daarvan is van kardinale belang om kinderhuwelike stop te sit. […]
Desert Dash: 900 vat die 20ste een aan oor 401km - December 6, 2024
Die 20ste Desert Dash begin oor net minder as ‘n uur en meer as 900 fietsryers het in die verskillende kategorieë ingeskryf vanjaar. Een van hulle is Silke Bean wat saam met drie ander dames, die Towerbos Ladies-span uitmaak. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
TransNamib sal eers oor drie jaar wins toon – Van Jaarsveld - December 6, 2024
Die uitvoerende hoof van TransNamib, Desmond van Jaarsveld, sê dit sal nog drie jaar neem voor die maatskappy enige wins sal toon. Intussen het hy ‘n lening van 2,6 miljard Namibiese dollar van die Ontwikkelingsbanke van beide Namibië en Suid-Afrika ontvang maar, hy sê dit is bekom as gevolg van sy bates. Dus, sal die […]
150 lande kom volgende week hier bymekaar vir natuurvergadering - December 6, 2024
Honderde afgevaardigdes van meer as 150 lande sal volgende week in Windhoek die 11de voltallige vergadering van die Interregeringswetenskap-beleidsplatform oor biodiversiteit en ekosisteemdienste, IPBES, bywoon. Die omgewingministerie sê die geleentheid sal bewustheid oor Namibië se biodiversiteit verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Morgan Hauptfleisch van die Namibiese Natuurstigting oor wat die internasionale afgevaardigdes […]
PDM wil nie praat oor planne en swak vertoning nie - December 6, 2024
Die vorige amptelike opposisie-party, die PDM, het 11 setels i n die verkiesings verloor. Hulle het in die vorige termyn 16 setels gehad en het nou net vyf. Die IPC het sterk vertoon en sal die amptelike opposisie word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die PDM se sekretaris generaal, Manuel Ngaringombe, wat sê hy […]
Mokka-mousse is die kleur van 2025 - December 6, 2024
Die Pantone Colour Institute het mokka-mousse, ʼn stemmingsvolle, sagte bruin aangewys as sy kleur van die jaar vir 2025. Hy sê die kleur ontlok die behaaglikheid van kakao, sjokolade en koffie, wat saamsmelt met ʼn sensoriese en vertroostende gevoel van warmte. Die instituut se uitvoerende direkteur, Leatrice Eiseman, sê die kleur skep ʼn gevoel van […]
Trustco verkry verskeie aandele en bates - December 6, 2024
Trustco Group Holdings beplan om sy belang in Legal Shield Holdings tot 91,35 persent te vergroot deur ‘n 469 miljoen Namibiese dollar-aandeletransaksie met Riskowitz Value Fund LP. Die verkryging sluit bates in soos Trustco Insurance, Trustco Life, en ‘n eiendomsportefeulje van 2 473 hektaar vir gemengdegebruikontwikkelings. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Quinton van Rooyen […]
Erfenisterreine sal teen 2100 erg sukkel met klimaat - December 6, 2024
ʼn Nuwe studie deur die Internasionale Unie vir Natuurbewaring het bevind byna alle natuurlike wêrelderfenisterreine kan teen 2100 uiterste klimaatstoestande verwag. Dit sluit hittegolwe, swaar reën en droogte in. Die studie het 250 natuurlike erfenisterreine se toekomstige blootstelling aan klimaatsgebeure onder vier verskillende scenario’s ingedeel. Navorsers sê teen die einde van hierdie eeu sal hierdie […]
Mexiko wil ooreenkoms hê oor Trump se deportasies - December 6, 2024
Mexiko soek ‘n ooreenkoms met die Amerikaanse verkose president Donald Trump om te verseker dat hy nie gedeporteerdes van derde lande ontvang in geval van grootskaalse deportasies van migrante uit die VSA nie. Intussen het die Bahamas geweier om gedeporteerdes uit derde lande in te neem as Trump sy beloofde groot uitsetting van immigrante in […]
Swakopmund maak gereed vir feestyd - December 6, 2024
Wanneer kusgebiede besoek word, is dit belangrik om die omgewing te beskerm deur behoorlik van afval ontslae te raak, die seelewe te respekteer, water te bespaar en ekovriendelike produkte te gebruik. Dit is egter net so belangrik om persoonlike veiligheid en die van ander vakansiegangers voorop te hou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Linda […]