
Swiatek en Rune uit Kanadese Ope - August 4, 2025
Tennis: Die Wimbledon-kampioen, Iga Swiatek van Pole, is die jongste gekeurde wat op die Kanadese Ope in Montreal uitgeskakel is. Die tweede gekeurde het in skoon stelle teen die 19de-gekeurde Deen, Clara Tauson, verloor. Die Amerikaner, Madison Keys, is deur na haar agtste kwarteindronde nadat sy met die Tsjeg, Karolina Muchova, afgereken het. In die […]
Nganate waarsku grond-begunstigdes hulle moet selfstandig word - August 4, 2025
Die Namibiese regering het 5 518 begunstigdes hervestig onder sy grondhervormingsprogram, insluitend 26 wat onlangs opleiding in infrastruktuur, vee- en gewasbestuur voltooi het. Namens die landbouminister Inge Zaamwani, het die goewerneur van Omaheke, Pijoo Nganate, begunstigdes herinner aan hul verantwoordelikheid om selfstandig te word.
Namdia-ondersoek nog nie voltooi nie, saak uitgestel tot Oktober - August 4, 2025
Die ondersoek na Namdia se gewaagde roof sloer. Joel Angula en Sam Shololo, beskuldigdes in verband met die noodlottige rooftog op 18 Januarie, het vanoggend in die Windhoek-landdroshof verskyn. Die staat het die hof meegedeel dat sommige getuieverklarings nog uitstaande is en dat ondersoeke steeds aan die gang is. Die saak is uitgestel tot 23 […]
Cope sê etiese regering verdwyn onder Ramaphosa - August 4, 2025
Cope sê die voortgesette erosie van etiese regering onder Ramaphosa se leierskap is verraad teen die demokratiese waardes waarvoor Suid-Afrikaners geveg het. Die party sê adjunkpresident Paul Mashatile se versuim om ‘n diamantgeskenk van ‘n twyfelagtige sakeman te verklaar, tesame met Ramaphosa se weiering om aanspreeklikheid te eis, illustreer ‘n leierskapsgaping wat deur straffeloosheid gekenmerk […]
Migrante verdrink op pad na Jemen - August 4, 2025
Agt-en-sestig Ethiopiese migrante is dood en 74 word vermis nadat ʼn boot aan die kus van Jemen gesink het. Volgens die Internasionale Organisasie vir Migrasie was 154 migrante aan boord. Hiervan het 54 liggame in die Khanfar-distrik uitgespoel terwyl 14 ander dood gevind en na ʼn lykshuis geneem is. Slegs 12 het die voorval oorleef […]
Ons gaan koud kry en dit begin reeds vanaand - August 4, 2025
Die suidelike dele, veral die suidweste, reën ontvang met die kouestelsel wat in beweeg. Volgens weerkenner George van der Merwe sal die wolkbedekking ook dagtemperature laag hou. Maar, die sentrale gebiede gaan ook deurloop met koue wat reeds vanaand kan aankom.
Minimumloon sal werkloosheid laag styg - August 4, 2025
Reaksie word ontvang op kommer oor werksverliese met die nuwe minimumloon. Namibië se minimumloon het op 1 Januarie vanjaar gestyg en sal in 2027 vir ‘n derde opeenvolgende jaar styg, ‘n toename van 80 persent. ‘n Algemeen gebruikte koëffisiënt dui daarop dat vir elke persent ekonomiese groei, indiensneming met slegs die helfte, 0,5 persent styg. […]
Ouditeur-generaal ontdek onreëlmatige besteding by onderwys - August 4, 2025
Die ouditeur-generaal het bevind dat die onderwysministerie fondse uit sy meubelbegroting verkeerd toegeken het, omgemagtigde uitgawes aangegaan het en verkrygingsprosedures gesystap het in die 2023-24 boekjaar. Meer as 7,7 miljoen Namibiese dollar is betaal vir konsultasiefooie terwyl 7,2 miljoen dollar aan belastingterugbetalings uit die 15 miljoen dollar meubelbegroting bestee is. Goedere en dienste ter waarde […]
Korrektiewe Diens blokkeer pensioen vir ouer gevangenes - August 4, 2025
Gevangenes van 60 jaar en ouer ontvang nie ouderdomspensioene terwyl hulle in die tronk is nie, aangesien hul behoeftes deur die staat gedek word. Die diens stel die lynministerie in kennis om betalings tydens opsluiting op te skort, maar help om dit weer in te stel voor vrylating. Kosmos 94.1 Nuus het met Sam Shaalulange, […]
Voëlgriep: Namibiese pluimvee-bedryf moet voorsorg tref - August 4, 2025
Reaksie word ontvang op toenemende voëlgriepgevalle wat onlangs in die buurland, met die jongste voorval in die Wes-Kaap, sowel as Botswana, bevestig is. Dit is belangrik vir gemeenskappe en owerhede om waaksaam te wees vir tekens van infeksie in beide pluimvee en wilde voëls. Vroeë opsporing en voorkomende maatreëls is van kardinale belang. Kosmos 94.1 […]