SMEs Compete bly druk besig met werkskepping
Met hoë werkloosheidsyfers, veral onder die jeug, is entrepreneurskap besig om na vore te tree as ‘n oplossing om ekonomiese groei aan te dryf en werksgeleenthede te skep. In ooreenstemming hiermee woon 30 jong Namibiërs van Otjimbingwe wat belangstel in ekonomie en besigheid hierdie week die “Jy is nooit te jonk vir besigheid nie”-program by. […]
Was COP29 (weer) niks werd nie?
‘n Nuwe konsepteks wat vandag by die COP29-klimaatberaad vrygestel is, het ‘n deurslaggewende knelpunt uitgelaat: Hoeveel ryk lande sal betaal. Die konsep sal die basis vorm van enige ooreenkoms wat bereik is tydens die klimaatgesprekke oor geld vir ontwikkelende lande om oor te skakel na skoon energie en aan te pas by klimaatsverandering. Onderhandelaars by die […]
Vier pakhuise in Durban met vervalde, ingevoerde kos gevind
KwaZulu-Natal se premier, Thamsanqa Ntuli, sê dis belangrik dat onwettige aktiwiteite aangespreek word wat voedselveiligheid-regulasies ondermyn en lewens in gevaar stel. Die polisie in Durban het toegeslaan op vier pakhuise waar hulle ingevoerde kos ontdek het wat reeds verval het. Dit kom te midde van die land se stryd teen ʼn uitbreking van voedseloordraagbare siektes. […]
Ysland se geologie ontwaak na 800 jaar
Ysland se Reykjanes-skiereiland het sedert 2021 ‘n reeks vulkaniese uitbarstings beleef met geologiese stelsels wat vir ongeveer 800 jaar dormant was, weer aktief geword het. Kenners sê die streek, net suid van die hoofstad Reykjavik en die tuiste van 30 000 mense, kan vir etlike eeue herhaaldelik sogenaamde skeuruitbarstings ervaar. Die eerste uitbarsting was op […]
Bye kan uiters gevaarlik wees, byeboer sê na Swakop-aanval
‘n Swerm aggressiewe heuningbye het oor die naweek amok gemaak in Kramersdorf in Swakopmund. Drie honde is doodgesteek, ‘n vrou moes hospitaalbehandeling kry, en verskeie ander inwoners en troeteldiere is erg gesteek. Die bye het vermoedelik reageer na gras naby hulle gesny is. Die swerm is veilig verwyder na die aanval. Kosmos 94.1 Nuus het […]
BW Energy soek ook ‘n stukkie van die olie-koek
Noorweegse BW Energy het sy eerste put geïdentifiseer, die Kudu-evalueringsput in die Oranje-bekken en dis nie vir eksplorasie nie. Boorwerk sal volgende jaar begin op wat die maatskappy beplan sal vier putte wees. Hy poog om bronne by te voeg by die Kudu-gasveld en natuurlik die soektog na olie na die onlangse ontdekkings. BW is veral […]
Emma praat (uiteindelik) oor stadion se opknapping
Die adjunk-sportminister Emma Kantema-Gaomas het uiteindelik kommentaar gelewer oor die opknapping van die Onafhanklikheidstadion na sy op 14 November nie opgedaag het by die perskonferensie nie. Toivo Nuugulu-argitekte, in ‘n gesamentlike onderneming met Kerry McNamara-argitekte soek ‘n hersiening van die toekenning van die 800 000 Namibiese dollar se konsultasie aan Marley Tjitjo-argitekte. Kantema-Gaomas sê hulle […]
Black Friday: Versigtig vir slaggate
Black Friday klink altyd na ‘n wonderlike geleentheid maar, daar is slaggate. Verbruikers word maklik om die bos gelei veral as daar nie voldoende beplanning is nie. Daar moet byvoorbeeld genoeg kennis wees van die standaard prys van die item waarin jy belangstel en daar moet besteebare inkomste wees. Verbruikers word gemaan om verantwoordelik op […]
Geplakte piesang teen die muur verkoop vir N$11 miljard
Die kunstenaar, Maurizio Cattelan se skepping met die titel Comedian, is by ʼn veiling in New York vir meer as 11 miljard Namibiese dollar verkoop. Dit bestaan uit een piesang wat teen ʼn muur vasgeplak is en foto’s daarvan het soos ʼn veldbrand versprei. Die Chinese versamelaar en stigter van ʼn kriptogeldeenheid-platform, Justin Sun, het […]
Vaardighede by plaaslike owerhede ontbreek, en dus ontwikkeling doelwitte
Die algemene jaarvergadering van die Namibiese Vereniging van Plaaslike Owerhede is tans in die hoofstad aan die gang. Die fokus van die vergadering is om aan die hoof te staan van die implementering van die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte plaaslike owerhede in Namibië. Onder die deelnemers was die burgemeester van Okahandja, Beatrice Kotungondo, wat die redes gegee […]