Lasbriewe uitgereik vir Bibi, Gallant en Hamas-leier

Die Internasionale Strafhof het lasbriewe uitgereik vir die eerste minister van Israel, Benjamin Netanyahu, die voormalige Israeliese minister van verdediging Yoav Gallant, en die Hamas-leier Al-Masri. Die hof sê daar is redelike gronde dat hulle kriminele verantwoordelikheid dra vir beweerde oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom in die oorlog tussen Israel en Hamas. Dit sal […]

Read More

Verstappen kan F1-titel reeds die naweek beklink

Motorsport: Red Bull se Nederlandse renjaer, Max Verstappen, kan reeds hierdie naweek die Formule Een-kampioenskap in Las Vegas beklink en sal dan slegs die sesde Formule Een-bestuurder word wat vier titels inpalm. Voor hom was dit slegs Michael Schumacher, Lewis Hamilton, Juan Manuel Fangio, Alain Prost en Sebastian Vettel wat hierdie mylpaal kon bereik. Verstappen […]

Read More

PPI wys effe 1% kwartaallikse daling

Die produsenteprysindeks vir die derde kwartaal toon ‘n 1 persent kwartaal-op-kwartaal daling en ‘n 0,7 persent jaar-tot-jaar daling. Die indeks meet die verandering in pryse van goedere en dienste vanuit die perspektief van plaaslike produsente, invoere uitgesluit. Dit beklemtoon ‘n effense inkrimping in produksiepryse, met noemenswaardige neigings in die mynbou- en steengroefsektor, waar uraan en […]

Read More

Kenners verwelkom nuwe SA geskiedenisleerplan

Kenners verwelkom veranderinge aan Suid-Afrika se geskiedenisleerplan, met ondermeer voorkoloniale geskiedenis vir graad 10 tot 12 wat bygevoeg word. Die doel is om weg te beweeg van ʼn Eurosentriese oogpunt en meer op Afrika-geskiedenis te fokus. News 24 berig geskiedkundiges glo dis belangrik om die stem van inheemse mense soos die San, Khoi en Xhosa, […]

Read More

Geweld na Mos-verkiesing bekommer SAOG

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het kommer uitgespreek oor die geweld ná Mosambiek se verkiesing. Betogings het verlede maand in die hoofstad, Maputo, uitgebreek nadat Daniel Chapo amptelik as wenner verklaar is. Opposisie-leier Venâncio Mondlane skuil reeds vóór die uitslag aangekondig is omdat hy vir sy lewe vrees. Sy assistent en prokureur is vermoor terwyl hulle gereed […]

Read More

2025 Coachella-fees bevestig ster-kunstenaars

Lady Gaga, Travis Scott, Green Day en Post Malone sal in April die hooftrekpleisters wees by die 2025 Coachella-fees by die Empire Polo Grounds in Indio, Kalifornië. Gaga was in 2017 ook een van die fees se hoofkunstenaars terwyl dit Scott, Malone en Green Day se eerste keer is. Die Suid-Afrikaner, Tyla, sal ook optree […]

Read More

SMEs Compete bly druk besig met werkskepping

Met hoë werkloosheidsyfers, veral onder die jeug, is entrepreneurskap besig om na vore te tree as ‘n oplossing om ekonomiese groei aan te dryf en werksgeleenthede te skep. In ooreenstemming hiermee woon 30 jong Namibiërs van Otjimbingwe wat belangstel in ekonomie en besigheid hierdie week die “Jy is nooit te jonk vir besigheid nie”-program by. […]

Read More

Was COP29 (weer) niks werd nie?

‘n Nuwe konsepteks wat vandag by die COP29-klimaatberaad vrygestel is, het ‘n deurslaggewende knelpunt uitgelaat: Hoeveel ryk lande sal betaal. Die konsep sal die basis vorm van enige ooreenkoms wat bereik is tydens die klimaatgesprekke oor geld vir ontwikkelende lande om oor te skakel na skoon energie en aan te pas by klimaatsverandering. Onderhandelaars by die […]

Read More

Vier pakhuise in Durban met vervalde, ingevoerde kos gevind

KwaZulu-Natal se premier, Thamsanqa Ntuli, sê dis belangrik dat onwettige aktiwiteite aangespreek word wat voedselveiligheid-regulasies ondermyn en lewens in gevaar stel. Die polisie in Durban het toegeslaan op vier pakhuise waar hulle ingevoerde kos ontdek het wat reeds verval het. Dit kom te midde van die land se stryd teen ʼn uitbreking van voedseloordraagbare siektes. […]

Read More

Ysland se geologie ontwaak na 800 jaar

Ysland se Reykjanes-skiereiland het sedert 2021 ‘n reeks vulkaniese uitbarstings beleef met geologiese stelsels wat vir ongeveer 800 jaar dormant was, weer aktief geword het. Kenners sê die streek, net suid van die hoofstad Reykjavik en die tuiste van 30 000 mense, kan vir etlike eeue herhaaldelik sogenaamde skeuruitbarstings ervaar. Die eerste uitbarsting was op […]

Read More