Jongste inenting-statistiek

Volgens die Namibiese gesondheidsministerie het 329 562 mense reeds ‘n eerste dosis Covid-19- entstof ontvang, terwyl 207 459 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan tans op 97% en die positiewe koers is 1,3%. Twintig nuwe gevalle is aangemeld, met aktiewe gevalle wat staan op 769 waarvan 19 in die hospitaal en 1 in intensiewe sorg is.