Cop26 bly in die nuus

Die Universiteit van die Vrystaat doen ‘n beroep op alle hoër onderwys-instellings, sakeondernemings, die privaat- en openbare sektor, en die Suid-Afrikaanse gemeenskap om tot klimaatsveranderings-ingrypings by te dra. Die universiteit steun die Verenigde Nasies se doelwitte vir volhoubare ontwikkeling en veral Doelwit 13, wat ‘n dringende beroep op optrede teen klimaatsverandering doen. Die rektor en vise-kanselier, Francis Petersen, vra wêreldleiers om waagmoedige besluite te neem oor stappe vir die vermindering van kweekhuisgasse by die konferensie oor klimaatsverandering, Cop26, wat vandag in Glasgow in Skotland begin.