Die All Blacks het die Springbokke van Wêreld-rugby se ranglys se top posisie onttroon

Rugby: Die All Blacks het vyf drieë in die tweede helfte van hulle wedstryd gisteraand teen Wallis in Cardiff aangeteken wat aan hulle 32 agtereenvolgende oorwinnings besorg het.  Die Nieu-Seelanders het die Springbokke van Wêreld-rugby se ranglys se top posisie onttroon, met hulle oorwinning van 54-16. Beauden Barrett het sy 100ste toetswedstryd vir Nieu-Seeland gevier met twee onderskep-drieë. Wallis se nederlaag is vererger toe hulle kaptein Alun Wyn Jones die veld in die 19de minuut weens ‘n besering moes verlaat.