Jongste Covid-19-verslag bevestig 55 sterfgevalle

In die jongste Covid-19-verslag van die Namibiese gesondheidsministerie is 55 sterfgevalle aangekondig, asook 1 390 nuwe gevalle in al 14 streke uit 3 653 toetsuitslae. In die groep is 151 leerders van verskillende skole, 26 onderwysers en 25 elk studente en gesondheidswerkers. Daar is nou 15 407 aktiewe gevalle waarvan 528 pasiënte in hospitale is met 94 in intensiewesorgeenhede.